Read 1366.pdf text version

M

VOORWOORD

Juwele

'n Mens kry dagboeke wat los van die Bybel staan. Jy hoef slegs die dagboek te lees vir jou geestelike boodskap van die dag. Maar dit bring soms mee dat jy aan die einde van die jaar die gedagtes van die skrywer gelees het, sonder om een enkele vers uit die Bybel self te lees. Hierdie dagboek is anders. Dit wil jou terugneem na jou Bybel toe, en jou help om die juwele in jou Bybel self te ontgin. Daarom vra dit van jou om eers 'n paar verse uit die Bybel te lees. Daarna help dit jou om die kosbare waarhede in die stuk wat jy gelees het, te ontdek. Daar is deurentyd gepoog om teologiese dogmas te vermy, en eerder praktiese riglyne te gee wat 'n mens elke dag in jou lewe kan toepas. Ons Bybel bestaan uit 66 boeke. Baie Christene lees net 'n paar van hierdie boeke, soos Psalms en die vier Evangelies. Daar is besluit om met hierdie dag-boek die leser terug te neem na ál 66 boeke van die Bybel. In absoluut elke Bybelboek is daar juweeltjies. Die dagstukkies kom dus uit elke boek van die Bybel. Die aard van die dagstukkies verskil ook. Soms is die stukkies bemoedigend, ander kere vermanend, of inspirerend, of help jou met lewensvaardighede, of in jou verhouding met God of met jou medemens. Ek het hierdie dagstukkies op 'n kasset opgeneem. Ek hoop dat die leser dus 'n lekker geselstrant sal beleef ­ geen formele kerktaal nie. 'n Teologiestudent van my, Marina Malan, het elke woord op die kasset oorgetik op rekenaar, en gesorg dat die dagstukke inhoudelik lekker lees en sin maak. Daarna het Marié Henning die taal van die teks versorg en veral seker gemaak die woordtellings klop. Zelda Botha het die bladuitleg gedoen en Helga la Grange het die buiteblad ontwerp. Aan een en elkeen van hulle wil ek 'n groot dankie sê. Elkeen het 'n sleutelrol gespeel om 'n sukses van die boek te maak. Die boek is nie net my produk nie. Dit het deur spanwerk tot stand gekom. Ek dra hierdie boek op aan my vrou Lottie, omdat sy deur ons hele getroude lewe van 32 jaar nog elke oggend 5:00 opstaan en haar dag begin deur eers stil te word voor die Here, met 'n Bybel en 'n Bybeldagboek op haar skoot. Hennie Stander

Wat jy sien, is nie altyD Wat jy mOet glO ...

Juwele

Maandag

O

Lees: Handelinge 21:27-36

Op 'n dag stap 'n man, sambreel in die hand, by 'n koffieplek in. Hy het sy sambreel aan die rak by die deur opgehang. Nadat hy koffie gedrink het, vat hy 'n sambreel en stap uit. Die eienaar roep hom terug en wys hom daarop dat hy sý sambreel gevat het. Die man vra om verskoning, sit die eienaar se sambreel terug, vat sy eie en stap uit. Buite onthou hy dat hy sy vrou beloof het om vir haar en hulle twee dogters elk 'n sambreel te koop. Hy gaan na die naaste kettingwinkel, koop drie sambrele en loop weer straataf. Omdat dit nie meer reën nie, sit hy die vier sambrele onder sy arm. Net toe hy by die koffieplek verbystap, kom die eienaar uit en sien die man met die vier sambrele onder sy arm. Hy sê: "Ek sien jy het 'n baie vrugbare oggend gehad!" Die eienaar Hulle het dit gesê van die koffiewinkel het 'n verkeerde afleiding omdat hulle vantevore gemaak op grond van wat hy gesien het. vir Trofimus van Efese In dié verhaal hierbo het die mense ook saam met Paulus in die verkeerde afleidings gemaak. Hulle het bloot vir stad gesien het en gedink Paulus saam met die heiden, Trofimus, in die stad het dat Paulus hom in die sien loop. Daarna het hulle Paulus in die tempel tempel in geneem het. gesien. En toe neem hulle verkeerdelik aan dat Handelinge 21:29 Paulus die heiden in die tempel ingeneem het. 'n Oproer het gevolg, Paulus is gevange geneem en later onthoof. Ons moet baie versigtig wees om nie sommer ons eie afleidings te maak oor wat ons sien nie. Dit vertroebel verhoudings. As jou lewensmaat laat van die werk af kom, beteken dit nie dat hy of sy nie vir jou omgee nie. As jou dogter nie haar selfoon antwoord nie, is dit nie omdat sy nie met jou wil praat nie ­ dalk kan sy net nie die foon in die besige winkelsentrum hoor lui nie! Kom ons wees baie versigtig watter afleidings ons maak, en moenie sommer enige stories of gerugte oor mense glo nie.

Information

2 pages

Report File (DMCA)

Our content is added by our users. We aim to remove reported files within 1 working day. Please use this link to notify us:

Report this file as copyright or inappropriate

943613