Read Microsoft Word - Graad 4 Geografie Opvoedersgids.doc text version

Graad

4

Intermediêre Fase Onderwysershandleiding

Sosiale Wetenskappe

AARDRYKSKUNDE GRAAD 4 ONDERWYSERSGIDS LET WEL: 1. Geskiedenis en Aardrykskunde moet elk 90 minute per week onderrig word. Dit word sterk aanbeveel dat elke dissipline in sessies van een les van 'n halfuur en een van 'n uur lank verdeel moet word. Albei dissiplines moet elke kwartaal onderrig en geassesseer word. 2. Die drie Leeruitkomste (tesame met die toepaslike Assesseringstandaarde) word gedurende die onderrig-, leer- en assesseringsproses altyd saam gebruik. 3. Die kennisfokusraamwerk (inhoud) en die toepaslike Assesseringstandaarde (vaardighede) moet gedurende lesse onderrig en verduidelik word en deur die leerders in hulle werkboeke geoefen word. 4. Verduidelik nuwe begrippe aan leerders terwyl hulle deur die kennisfokusraamwerk vir Sosiale Wetenskappe werk. Gebruik die terminologie wat in die assesseringstake gebruik gaan word. 5. Die Sosiale Wetenskappe-leerarea is berus op die ondersoekvaardighede-leerproses. Die proses moet leerders aanmoedig om met bewyse te werk en die logika van argumente te oorweeg, en geleenthede bied om hulle eie waardes, menings en oordele te oorweeg in verhouding tot dié van hulle portuurgroep. 6. Die konstruksie van kennis en die ontwikkeling van interpretasievaardighede berus op die grondslag van ondersoek. Onderwysers en leerders word aangemoedig om altyd vrae te vra. Die gebruik van Sleutelvrae is belangrik vir die ontwikkeling van kritiese denke. Leerders moet aangemoedig word om hulle eie vrae te skep en te formuleer. Moedig kritiese denke aan deur die volgende te doen: · Daag leerders uit om vrae te stel. · Ontwikkel die leerders se vraagstellingsvaardighede. · Vra leerders oor hulle eie begrip uit. · Moedig leerders aan om alternatiewe te probeer vind voordat hulle op 'n antwoord besluit. · Moedig leerders aan om redes te gee vir sekere dinge wat hulle sê of aan die hand doen. · Vra leerders om hulle keuses te motiveer. · Gee leerders geleentheid om te klassifiseer, te ontleed en te skep. · Betrek leerders in dialoog. · Skep geleenthede vir gefokusde gesprekke met hul klasmaats. · Bevraagteken stereotipes en partydigheid. 7. Wanneer dit ook al moontlik is, moet werklike goed (outentiekheid) in die klaskamer gebruik word: egte voorwerpe om te besigtig en te hanteer, egte dokumentêre en visuele bronne. Soek bronne waarby die leerders aanklank sal vind. Vind bronne wat die leerder, eerder as die onderwyser, interessant sal vind. In Geskiedenis kan items uit die verlede en vir Aardrykskunde kan veldwerkkaarte, foto's en huidige koerante gebruik word. 8. Gebruik minder bronne in groter diepte. Bronne moet met sorg gekies word om seker te maak dat daar genoeg inligting vir betekenisvolle werk is. Behandel kleiner onderwerpe in meer besonderhede. Ware leer vind plaas wanneer leerders die geleentheid gegee word om diepte-ondersoeke te doen, eerder as om 'n aantal onderwerpe slegs oppervlakkig te behandel. 9. Leerders moet hulle bevindings aan die res van die klas sowel as aan andere binne en buite die skoolgemeenskap kan oordra:

-1-

· · ·

In Graad 4 deur die skryf van 'n paragraaf, bespreking, die samestel van 'n boek, 'n collage, die gebruik van 'n plakkaat, kunswerk, drama, dans en musiek. In Graad 5 deur kort paragrawe, eenvoudige grafieke, kaarte, diagramme, die skepping van kunswerke, plakkate, musiek, dans en drama, projekte en bespreking. In Graad 6 deur gestruktureerde skryfwerk, bespreking en geleide debatvoering, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme, kunswerk , dans en drama.

10. DAAR IS SES FORMELE ASSESSERINGSTAKE VIR SOSIALE WETENSKAPPE Nr 1 Kwartaal 1 Datum/ week Week 10 Geskiedenis/ Aardrykskunde Geskiedenis & Aardrykskunde Geskiedenis Toets Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag * Projek (Navorsingswerkopdrag/ Kreatiewe Respons) Kaartwerk en Datahantering Werkopdrag * Projek (Navorsingswerkopdrag / Kreatiewe Respons) Eksamen Taak Minimum Puntetoekenning G = 20 A = 20 Totaal: 40 Bronwerk: 30 Uitgebreide Skryfwerk: 10 Totaal: 40 40

2

2

Week 16

3

2

Week 20

Aardrykskunde

4

3

Week 24

Aardrykskunde

40

5 6

3 4 · · · · ·

Week 30 Week 40

Geskiedenis Geskiedenis & Aardrykskunde

40 G = 40 A = 40

Alle assesseringstake moet binne die konteks van die leerders ontwikkel word. Al drie leeruitkomste (met die toepaslike assesseringstandaarde) en die inhoud (kennisfokusraamwerk) word saam geassesseer. As die Projek in Geskiedenis 'n Navorsingswerkopdrag is, moet die projek vir Aardrykskunde 'n Kreatiewe respons wees, of omgekeerd. Die instruksies aan die leerders moet duidelik wees. Al die Formele Assesseringstake dra dieselfde gewig. Bewyse van al die inhoud, oefeninge en aktiwiteite (informele assessering) moet in die leerders se werkboeke verskyn voordat die formele assesseringstaak vir optekening en rapportering gedoen word. (Kyk in die Werkskedule.) `n Goeie praktyk om seker te maak dat leerders hulle eie werk doen, is deur hierdie take in die klas onder gekontroleerde omstandighede te doen. Hierdie praktyk kan verseker dat elke leerder sy eie werk doen. Dit kan dalk ook verseker dat al die leerders hulle take inhandig. Kaartwerk- en datahanteringvaardighede, tesame met die inhoud, moet voortdurend onderrig en elke kwartaal informeel geassesseer word. Formele assessering vir kaartwerk en datahantering vind gedurende die derde kwartaal plaas. Kaartwerk en datahantering moet ook in die eerste toets en die eksamen geassesseer word. Raadpleeg die Beleidsdokument oor Sosiale Wetenskappe vir die kaartwerkvaardighede en -begrippe vir elke graad ­ let op na die progressie.

·

-2-

11. Verskillende soorte bronne. Die volgende diagram toon die verskeidenheid bronne wat binne Sosiale Wetenskappe in Geskiedenis sowel as Aardrykskunde gebruik kan word. SKRIFTELIK Handboeke Boeke Koerante Tydskrifte Sensusdata Dokumente Briewe Joernale Dagboeke, Verslae Pamflette Advertensies Internet, CD ROM VISUEEL Foto's Spotprente Kaarte en planne Atlasse Topografiese kaarte Lugfoto's Satellietbeelde Skilderye en tekeninge Rolprent, televisie, video Standbeelde en snywerk Internet, CD ROM

MONDELING Onderhoude en Herinneringe Mondelinge tradisies Mites en legendes Gedigte Liedere Stories Vraelysantwoorde

MOONTLIKE BRON ARGEOLOGIE Ruïnes of begraafde terreine of geboue Stuifmeelspore Fossiele Artefakte (voorwerpe wat op terreine gevind word), bv. pottebakkerswerk, beendere, muntstukke, houtskool, gereedskap, werktuie, wapens FISIES Voorwerpe uit die verlede wat behoue gebly het, bv. pasboeke Geskiedkundige geboue Monumente Standbeelde en beeldhouwerk Houtsneewerk Alledaagse voorwerpe, bv. meubels, klerasie, juweliersware, voertuie LANDSKAP Nedersettings en planne daarvan Geboue en terreine Paaie, spore, paadjies Brûe, spoorweë, hawens Uitwerking van menslike aktiwiteite op die omgewing Lugfoto's Fisiese landskapskenmerke, bv. passe, vlaktes, baaie, grotte

(Aangepas uit: Onderwysersgids vir die Ontwikkeling van Leerprogramme: Sosiale Wetenskappe 2003, bl. 27. Aardrykskunde-bronne op bl. 32.)

-3-

GRAAD 4 WEEK 1 Inleiding tot Aardrykskunde Metodologie Stap 1: Onderwyser lei 'n bespreking oor Sosiale Wetenskappe as 'n leerarea en verduidelik dit bestaan uit twee dissiplines, Aardrykskunde en Geskiedenis. Stap 2: As inleiding tot Aardrykskunde as 'n dissipline van Sosiale Wetenskappe, lei die onderwyser 'n bespreking en gebruik toepaslike prente om die volgende vrae te beantwoord: · Wat is Aardrykskunde? · Wat gaan ons in Aardrykskunde leer? · Waar kan 'n mens Aardrykskunde in die werklike lewe toepas? · Wat is 'n bron? · Hoekom is koerante, tydskrifte, kaarte en atlasse belangrik in Aardrykskunde? · Wat is die ondersoekproses? Onderwyser skryf belangrike aantekeninge op die bord vir leerders se werkboeke. Stap 3: Onderwyser verduidelik nuwe begrippe: Sosiale Wetenskappe, Aardrykskunde, aardrykskundige, bron, ondersoek, werklike lewe. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

WEEK 2 Kaartwerk: Planaansig en simbole Metodologie Stap 1: Onderwyser vrae sleutelvrae om kaartwerk bekend te stel. Hoekom het ons kaarte nodig? Noem persone wat kaarte in hul daaglikse lewe gebruik. Waarvoor gebruik hulle die kaarte? Stap 2: Onderrig die volgende begrippe: Planaansig (voëlperspektief), sy-aansig, rede vir sleutels en simbole Stap 3: Kaartwerk-aktiwiteite, vanaf planaansig tot kaartsimbole Onderwyser demonstreer aan leerders hoe om 'n sy-aansig te gebruik om 'n planaansig te teken deur hulle bloot te stel aan 'n reeks aktiwiteite, insluitend die volgende: · Sy-aansigprente en bypassende planaansigprente · Die omskepping van 'n eenvoudige sy-aansigtekening in 'n planaansig Stap 4: Leerders teken 'n planaansig van enige eenvoudige voorwerp, bv. 'n potlood, potloodsakkie of selfs die binnekant van die klaskamer waarop elke leerder sy of haar sitplek met 'n x aandui. Stap 5: Onderwyser stel die gebruik van sleutels tot die tekeninge bekend en verduidelik hoe sleutels gebruik kan word om 'n kaart of tekening te verstaan. Stap 6: Onderwyser gee 'n eenvoudige planaansig en leerders vervang die voorwerpe in die plan met simbole. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW Nota aan onderwyser: Verwys na Kaartwerk Met Gemak (uitgereik deur die WKOD), bls. 4 & 5.

-4-

WEEK 3 Kaartwerk: Vier (kardinale) punte van 'n kompas (kyk Week 7 vir die agt punte van die kompas). Metodologie Stap 1: Onderwyser lei 'n bespreking in deur 'n vraag te stel. Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om die hoofrigtings (noord, suid, oos, wes) te ken? Stap 2: 'n Mens gebruik die bekende om die vier kardinale punte bekend te stel. Onderwyser neem klas na buite en stel vrae, bv. Waar kom die son soggens op? Waar gaan die son onder? Wat noem ons daardie rigtings? (oos en wes) Stap 3: Onderwyser verduidelik aan die leerders dit is nie werklik die son wat beweeg nie, maar die Aarde wat "na die Son draai". Stap 4: Leerders kan 'n kompas in hul werkboeke teken en die kardinale punte (N, S, O, en W) invul. Stap 5: Wys met behulp van 'n atlas vir leerders dat terwyl noord gewoonlik op 'n kaart bo-aan die bladsy is, dit in die werklike lewe in enige horisontale rigting kan wees, afhangend van waar 'n mens is. Stap 6: 'n Goeie manier om te onthou waar wes en oos op 'n kaart is, leer hulle die volgende rympie: "Die son kom op in die ooste en sak in die weste." Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW Nota aan onderwyser: Verwys na Kaartwerk Met Gemak (uitgereik deur die WKOD), bls. 4 & 5.

WEEK 4 Kaartwerk: Ruitenet-kaarte Metodologie Stap 1: Gebruik 'n straatkaart van julle plaaslike omgewing as 'n bron. Maak seker dat dit 'n ruitenet het wat die alfanumeriese stelsel gebruik. Verduidelik dat 'n ruitnetverwysing na die ruimtes tussen die lyne verwys. Onthou, onderwysers moet die straatkaart voorsien. Stap 2: Gee vir elke leerder 'n kaart om in hulle werkboeke te plak. Help die klas om met behulp van die ruitenetverwysingstelsel verskillende plekke op die kaart te vind (bv. Kyk of daar in blok A2 'n winkelsentrum is.) Stap 3: Gee vir die leerders verskillende ruitenetverwysings en vra hulle om 'n taak alleen te voltooi sodat hulle kan oefen om plekke op 'n kaart te kry. Stap 4: Vra leerders om vir jou die ruitenetverwysings van verskillende plekke op die kaart te gee. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW Nota aan onderwyser: Verwys na Kaartwerk Met Gemak (uitgereik deur die WKOD), bls. 4 & 5.

-5-

WEKE 5 en 6 Kenmerke van nedersettings: Stedelike en landelike nedersettings Metodologie Stap 1: Verduidelik die begrippe: nedersettings, stedelike nedersettings, landelike nedersettings, funksies in 'n nedersetting. Stap 2: Stel 'n sleutelvraag: Wat was die oorspronklike rede vir die skepping van 'n nedersetting? Bv. · Kaapstad: Verversingspos vir skepe onderweg na die Ooste. · Kimberley: Diamantmyne Stap 3: Dinkskrum vir die klas: Wat is die kenmerke van landelike en stedelike nedersettings? Illustreer met prente. (Onderwyser moet leerders onderrig oor hoe om 'n dinkskrum te hou) Stap 4: Kategoriseer (tabuleer) as 'n klas, en dan later in werkboeke, die belangrikste verskille tussen landelike en stedelike nedersettings. NOTA VIR DIE ONDERWYSER: Funksie van die nedersetting: Hoe onderskei ons tussen stedelike en landelike nedersettings? Landelike nedersettings het gewoonlik 'n enkele funksie ­ meestal primêre aktiwiteite. Primêre aktiwiteite het betrekking op die grond of water. Stedelike nedersettings is gewoonlik multifunksioneel ­ meestal sekondêre en tersiêre aktiwiteite (vervaardiging en dienste). Stap 5: Leerders gebruik die inligting in die tabel om 'n paragraaf van 4 ­ 5 sinne oor elke soort nedersetting te skryf. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW Nota aan onderwyser: Verwys na Kaartwerk Met Gemak (uitgereik deur die WKOD), bls. 6 & 7 (Planaansigte en kenmerke van stedelike nedersettings) WEEK 7 Kenmerke van nedersettings: Agt kardinale punte van die kompas en die verskeidenheid groottes van nedersettings (dorpies, dorpe en stede). Metodologie: Stap 1: Onderwyser hersien rigting en onderrig die volgende begrippe: NO, SO, NW en SW. Stap 2: Konsolideer die vier kardinale punte van die kompas. Stap 3: Stel leerders bekend aan die volgende vier punte (NO, NW, SO, SW). Stap 4: Stel leerders bloot aan 'n buitemuurse aktiwiteit waar hulle skadu's, natuurlike kenmerke en plaaslike plekke gebruik om hulself te oriënteer. Stap 5: Gebruik 'n plaaslike straatkaart en vra leerders om, met verwysing na die aanwysings en vrae hieronder, verskillende plekke te vind of rigting aan te dui, bv. a. Noem die plek NW van die skool. b. Watter groot straat sal ek oorsteek as ek vanaf die skool in 'n SUID-OOSTELIKE rigting beweeg? c. In watter rigting moet ek vanaf die skool reis as ek na die openbare biblioteek toe wil gaan? Stap 6: Onderrig die begrippe: dorpies, dorpe, stede Stap 7: Werk in groepe en hou dinkskrums oor die kenmerke van dorpies, dorpe en stede. NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Kenmerke van dorpies, dorpe en stede Dorpies is naby landelike gebiede en het 'n minimum noodsaaklike dienste, dalk 'n skool. 'n kerk en 'n algemene handelaar, en konsentreer hoofsaaklik op primêre aktiwiteite. Dorpe is gewoonlik voorstedelike gebiede waar 'n verskeidenheid dienste beskikbaar is. 'n Stad het baie fasette. Dit bestaan uit residensiële gebiede nywerheidsgebiede en sakeondernemings. Dit het 'n hoë bevolkingsdienste, en vereis dus toringgeboue en 'n gesofistikeerde infrastruktuur en konsentreer op sekondêre en tersiêre aktiwiteite.

-6-

Stap 8: Informele Assessering: Stel 'n lys op van ooreenkomste en verskille in die kenmerke van dorpies en stede. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW Nota aan onderwyser: Verwys na Kaartwerk Met Gemak (uitgereik deur die WKOD), bls. 10 ­ 11.

WEEK 8 Kenmerke van nedersettings ­ Soorte geboue en paaie (stedelike en landelike gebiede) Metodologie: Stap 1: Onderwyser konsolideer kenmerke van stedelike en landelike gebiede deur vrae te stel. Stap 2: Onderwyser verduidelik nuwe begrippe van nedersettings: wolkekrabbers, nasionale en sekondêre paaie Stap 3: Kategorisering van geboue en paaie ooreenkomstig stedelike (stede) en landelike (dorpies) gebiede, bv. · Stedelike geboue (stede) ­ wolkekrabbers, nasionale en sekondêre paaie baie besig · Landelik (dorpies) ­ enkelverdiepinggeboue, grondpaaie en enkele geteerde paaie Stap 4: Gebruik sleutel op kaarte of prente en foto's om in werkboeke kenmerke van geboue en paaie in die verskillende areas te identifiseer. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 9 Kenmerke van nedersettings ­ Soorte fasiliteite, sakeondernemings en nywerhede Metodologie: Stap 1: Onderwyser begin met 'n sleutelvraag: Hoe word die grond in 'n nedersetting anders gebruik? Byvoorbeeld: Verskillende areas (industrieel, residensieel, sake, ontspanning). Onderwyser verduidelik, waar nodig, en lei 'n bespreking in oor oorbevolking, plakkery, verkeersopeenhoping en lugbesoedeling in stedelike gebiede. Stap 2: Gebruik 'n plaaslike kaart van die nedersetting om te identifiseer op watter verskillende maniere grond in die stad gebruik word. Hierdie aktiwiteit kan in die werkboeke voltooi word. Stap 3: Kleur die verskillende areas met verskillende kleure in en spesifiseer waar elke area vir spesifieke gebruik geleë moet wees. Stap 4: Leerders ontwerp 'n plakkaat (groepwerk) Verdeel die plakkaat in vier dele om die verskillende gebruike vir grond te verteenwoordig ­ (1) residensieel (2) sakeondernemings (3) ontspanning (4) industrieel Stap 6: Leerders werk in groepe en versamel prente van hierdie verskillende gebruike vir grond en kategoriseer hulle onder hofies op die plakkaat. Identifiseer kenmerke van geboue en paaie in die verskillende gebiede. Stap 7: Identifiseer 'n probleem met betrekking tot een van die gebiede. · Sakeondernemings: Verkeersopeenhoping, lugbesoedeling · Residensieel: Bevolkingsaanwas plaas noodsaaklike dienste onder druk, byvoorbeeld mediese dienste, beskikbaarheid van behuising, informele nedersettings (plakkerskampe). · Industrieel: Water; lugbesoedeling, werkloosheid, ens. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

-7-

WEEK 10 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1: Toets Metodologie Stap 1: Al drie LU'e, met die toepaslike AS'e, moet geassesseer word. Stap 2: Die toets moet uit die volgende bestaan: · Vrae om kennis te toets van onderwerpe wat gedurende die eerste kwartaal getoets is, en kaartwerk. · Bronne moet gekontekstualiseer word. Stap 3: Onthou, toetse moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is. Stap 4: Toetse moet 'n verskeidenheid vrae bevat wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip assesseer (kyk Bloom se Taksonomie) en moet nie op blote herroep gegrond wees nie. Stap 5: Gebruik vrae met kort antwoorde vir 'n maksimum van 40% van die toets, byvoorbeeld noem, stel 'n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens. Stap 6: Die antwoorde op vrae wat met Waar/Onwaar beantwoord kan word, moet verder uitgebrei word, bv. Gee 'n rede vir jou antwoord. Stap 7: Om items in twee kolomme bymekaar te pas, is 'n nuttig manier om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordmoontlikhede as stimuli wees. Daar moet net 'n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word. Stap 8: Gebruik bronne vir langer antwoorde om kognitiewe vaardighede te toets, byvoorbeeld ondersoek, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bl. 25 ­ 30. WEKE 11 en 12 KAARTWERK: Inhoud: Fisiese en politieke kenmerke. Metodologie: Stap 1: Onderwyser doen hersiening oor kaartwerk wat reeds gedoen is deur vrae oor kaarte te stel. Identifiseer verskillende kaarte en fisiese en politieke kenmerke op grootskaalkaarte. Stap 2: Onderwyser verduidelik nuwe begrippe: grootskaal- en kleinskaalkaarte, fisiese kenmerke en politieke kenmerke, grense, provinsies, kus- en binnelandse provinsies. Grootskaalkaarte verwys na kaarte waarop voorwerpe redelik groot is. Stap 3: Gebruik 'n kaart van Suid-Afrika wat fisiese kenmerke toon en identifiseer die verskillende berge en riviere in verskillende kaarte en som dit in werkboeke op. 'n Fisiese kaart toon hoë berge en lae valleie met hulle riviere. Stap 4: Gebruik 'n politieke kaart van Suid-Afrika en identifiseer verskillende provinsies en hoofstede en tabuleer kusprovinsies en binnelandse provinsies in werkboeke. 'n Politieke kaart toon lande, provinsies en hoofstede. Stap 5: Toon hoe fisiese kenmerke soms natuurlike grense vorm. Die Limpopo- en Oranjeriviere is byvoorbeeld albei verskaffers van water, asook 'n politieke grens tussen lande. Onderwyser verduidelik, waar nodig. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

-8-

WEKE 13 en 14 Hulpbronne en dienste in 'n nedersetting Grond, water, riolering, vullis Metodologie: Stap 1: Onderwyser lei 'n klasbespreking in deur die volgende vrae: · Wat is die verskille tussen hulpbronne en dienste? · Wanneer is water 'n hulpbron en wanneer is dit 'n diens? Onderwyser verduidelik, waar nodig. Stap 2: Onderwyser versamel anonieme munisipale rekeninge om as bron te gebruik om munisipale dienste te ondersoek. (Onthou: Bronne bly die onderwyser se verantwoordelikheid.) Stap 3: Identifiseer en maak opsommings in werkboeke dat verskillende huishoudings verskillende hoeveelhede water gebruik, wat 'n invloed het op die bedrag wat hulle sal betaal. Hoekom, dink jy, het verskillende huishoudings verskillende waterverhoudings? Stap 4: Stel vrae met betrekking tot die koste van grond (belasting) en watervoorraad en die koste van vullisverwydering, bv. Betaal al die huishoudings dieselfde bedrag aan belasting? Hoekom verskil die bedrag van huishouding tot huishouding? Hoeveel kos vullisverwydering en riolering? Stap 5: Werk in groepe en bespreek die negatiewe gevolge van 'n tekort aan skoon lopende water in enige nedersetting. Vertel vir die klas van jou bevindings en teken dit in werkboeke aan. Stap 6: Leerders maak 'n plakkaat op mense daarvan bewus te maak dat dit noodsaaklik is om water te bespaar ­ om in die ingangsportaal van die skool op te plak. Stap 7: Stel leerders bekend aan datahantering: Skakel met toegang tot water in Suid-Afrika. Grafiek wat huishoudings in Suid-Afrika se toegang tot water (krane, boorgate, riviere) illustreer. Inligting: Uit elke 10 huishoudings in SA: · 5 huishoudings het kraanwater in die huis · 2 huishoudings het kraanwater buite die huis · 1 huishouding deel 'n gemeenskaplike kraan · 1 huishouding kry water uit 'n boorgat · 1 huishouding kry water uit 'n rivier Gebruik hierdie inligting as 'n voorbeeld om 'n staafgrafiek te voltooi. Stel relevante vrae, byvoorbeeld Hoe kry die meeste huishoudings water? 5 4 3 2 1 1. Water in huis 2. Water buite huis 3. Gemeenskaplike kraan 4. Boorgatwater 5. Rivierwater

Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

-9-

WEKE 15 en 16 Hulpbronne en dienste in 'n nedersetting Konteks: Onderwys Metodologie: Stap 1: Onderwyser lei les in met 'n sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik dat alle kinders toegang tot onderwys het? Stap 2: Verduidelik begrippe: Armoede, afstand na skole, beskikbare hulpbronne, onderwyserleerlingverhouding, multigraadklasse, veiligheid, ouerbetrokkenheid. Werk in groepe en bespreek hoekom so baie Suid-Afrikaanse kinders nie skool bywoon of hulle skoolloopbane voltooi nie. Stap 3: Wat kan die regering doen om te verseker dat alle kinders in Suid-Afrika toegang het tot goeie onderwys? Moet in werkboeke gedoen word. Stap 4: Verduidelik in 4-5 sinne watter soort land ons sal word as die meeste van ons kinders nie hulle skoolloopbaan voltooi nie. Stap 5: Werk in groepe en tref 'n vergelyking tussen onderwys vandag en 30 jaar gelede. Leerders kan familielede vra om hulle met die navorsing te help. Stap 6: Leerders maak 'n plakkaat om bewustheid te skep waarop die probleme wat party skole ondervind, beklemtoon word. (Ons wil 'n goeie opvoeding en goeie kwalifikasie hê om goeie lewe te verseker.) Stap 7: As 'n diens nie in jou gebied aangebied word nie, waarheen moet jy gaan om dié diens te kry? Wie betaal vir die diens? Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

WEEK 17 Hulpbronne en dienste in 'n nedersetting: Konteks: Groen oop ruimtes (ontspanning) Metodologie: Stap 1: Onderwyser begin met 'n sleutelvraag. Hoekom is groen ruimtes in alle areas belangrik? Verduidelik begrippe: Gebruik van grond, parke, sportgronde, groen areas, ontspanning. Stap 2: Klasbespreking oor die noodsaaklikheid en belangrikheid van groen oop ruimtes wat byvoorbeeld koolstofdioksied absorbeer en suurstof produseer sodat die mens kan oorleef. Onderwyser verduidelik hierdie begrippe. Stap 3: Onderwyser verskaf hulpbronne om die belangrikheid van groen oop ruimtes te beklemtoon, byvoorbeeld dokumentêre video. Stap 4: Skakel met Boomplantdag. (Onthou om op Nasionale Boomplantdag 'n boom op die skoolgrond te plant.) Nota vir Onderwyser: Gee vir die klas opdrag om taak vir formele assessering teen Week 20 te voltooi. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

- 10 -

WEEK 18 Hulpbronne en dienste in 'n nedersetting: Konteks: Mediese Dienste Metodologie: Stap 1: Onderwyser begin met 'n sleutelvraag en lei klasbespreking in: Hoekom is mediese dienste belangrik in 'n nedersetting? Stap 2: Onderwyser verduidelik die volgende begrippe: Verstedeliking, dienste, mediese dienste, basiese mediese behoeftes (kliniek, hospitale en mediese toerusting) Stap 3: Doen 'n brongebaseerde aktiwiteit. Gebruik byvoorbeeld 'n koerantberig of gevallestudie wat die klem laat val op 'n gebeurtenis waar daar 'n gebrek aan mediese dienste was. (Ernstige siekte of dood.) Stap 4: Skryf 'n paragraaf in werkboeke oor: Die gevolge van 'n gebrek aan mediese dienste in enige nedersetting Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 19 KAARTWERK: Konteks: Begrippe van provinsies, hoofstede en grense. Metodologie: Stap 1: Onderwyser doen hersiening en konsolideer vorige kaartwerk. Stap 2: Onderrig en illustreer die volgende begrippe op 'n kaart: lande, provinsies, hoofstede en grense. Stap 3: Leerders gebruik 'n atlas om 'n provinsiale kaart van Suid-Afrika met hoofstede te teken. Gebruik die gepaste simbole om hoofstede te identifiseer en kleur elke provinsie met 'n ander kleur in. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 20 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3: Projek (Navorsingwerksopdrag OF Kreatiewe Respons) Indien die Geskiedenisprojek 'n kreatiewe Respons gaan wees, moet hierdie Aardrykskundeprojek 'n navorsingswerkopdrag wees, en omgekeerd. Hierdie assesseringstaak moet twee tot drie weke voor WEEK 20 uitgegee word en onder toesig in die klas voltooi word om te verseker dat leerders hul eie werkdoen, en ook om dit teen die einde van die kwartaal af te handel. Die projek moet assesseer of die leerder navorsingsvaardighede kan gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek en of hulle sleutelinligting kan kies en redes vir hulle keuse kan verstrek. As die leerders 'n kreatiewe respons-projek voltooi, maak seker dat dit 'n leerervaring is, en nie net 'n kreatiewe taak nie. Gee vir die leerders riglyne.

- 11 -

Navorsingswerkopdrag: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Wanneer leerders 'n navorsingswerkopdrag voltooi, word daar van hulle verwag om die ondersoekproses te volg. · Ons werk met bronne (bewyse) (LU 1) · Stel 'n sleutelvraag · Identifiseer inligting · Beantwoord vrae · Dra die antwoord oor Stap 3: Die onderwyser moet 'n raamwerk vir die navorsingsprojek verskaf. Stipuleer wat gedek moet word, watter LU'e en AS'e gedek sal word, en watter vaardighede, kennis en waardes geassesseer sal word. Stap 4: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die navorsing behels, gee vir die leerders die assesseringmatrkis waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle. Stap 5: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Stap 6: Monitor die vordering van die leerders deur moniteringsdatums vir verskillende stadia van die navorsingswerkopdrag te stel. OF Kreatiewe respons: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Dit sluit die skepping van modelle, plakkate, collages en rolspel in. Stap 3: Die kreatiewe respons kan by 'n ander vorm van assessering, bv. brongebaseerde en navorsing, ingesluit word. Stap 4: Wanneer 'n plakkaat gemaak word, beteken dit dat inligting oor 'n spesifieke onderwerp op 'n logiese manier georganiseer moet word. Stap 5: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die plakkaat, model, kunswerk of collage behels, gee vir die leerders die assesseringmatrkis waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle. Stap 6: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bls. 35 ­ 47.

WEEK 21 KAARTWERK: Konteks: Begrippe van vastelande, oseane, lande. Onderrig en illustreer die volgende begrippe op 'n kaart: vastelande, oseane Stap 1: Onderwyser doen hersiening en konsolideer vorige kaartwerk. Stap 2: Onderrig en illustreer die volgende begrippe op 'n kaart: vastelande, oseane en lande Stap 3: Onderwyser verduidelik die rol van seestrome en hoekom party warm en ander koud is. Leerders voeg seestrome by hulle provinsiale kaart van Suid-Afrika en dui aan in watter rigting hulle vloei. Stap 4: Leerders gebruik wêreldkaart om die vastelande en oseane (Atlantiese, Stille en Indiese Oseane) te vind. Stap 5: Informele Assessering: Gee 'n praktiese aktiwiteit waar hulle 'n wêreldkaart het om kennis en begrip te demonstreer deur letters, syfers, sleutels en simbole op 'n kaart met die name van verskillende vastelande, oseane, lande, provinsies, hoofstede en grense te verbind.

- 12 -

Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEKE 22 en 23 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Bestaans- en kommersiële boerdery Metodologie Stap 1: Onderwyser begin met twee sleutelvrae om 'n bespreking in te lei: Wat is boerdery? Watter verskillende soorte boerdery is daar? Stap 2: Onderwyser verduidelik die verskil tussen bestaans- en kommersiële boerdery. Stap 3: Leerders werk in groepe en bespreek en vergelyk die verskillende boerderymetodes in bestaans- en kommersiële boerdery. Groepe rapporteer terug aan die klas terwyl onderwyser 'n lys van belangrike boerderymetodes op die bord skryf. Stap 4: Leerders kategoriseer die volgende inligting onder die hofies wat hierbo genoem is: Plant soetrissies in jou agterplaas, aarbeiboerdery om aan supermarkte te lewer, skaapboerdery in die Karoo, hengel vanaf die rotse, die skool se groentetuin en pluimveeboerdery. Stap 5: Leerders bespreek en stel 'n lys op van alle moontlike probleme en uitdagings waarmee kommersiële boere te kampe het (oorstromings, droogtes, duur masjinerie, siektes, peste, ens.) Dit kan ook in die werkboeke gedoen word. Stap 6: Informele Assessering: Leerders verwys na gegewe bronne om in hulle werkboeke oplossings vir die bogenoemde probleme te identifiseer. Stap 7: Bespreking: Hoekom, dink jy, beoefen party boere gemengde boerdery? (Onderwyser verduidelik die begrip van gemengde boerdery.) Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 24 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4: Kaartwerk and Datahantering Werkopdrag Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die taak behoort die leerders die geleentheid te gee om hulle vermoë te toon om verskillende soorte kaarte en data te lees en te interpreteer. Stap 3: Leerders moet ook in verskillende kontekste afleidings kan maak. Stap 4: Leerders kry inligting uit kaarte deur kaartsimbole te lees. Stap 5: Leerders gebruik kaarte om spesiale oriëntering te ontwikkel ­ skaal, rigting, ens. Stap 6: Leerders gebruik kaarte om impak in sekere kontekste, bv. politieke, omgewings-, menslike en ekonomiese konteks, te bepaal.

WEEK 25 Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Groente in Suid-Afrika ­ ligging en proses Metodologie Stap 1: Onderwyser stel sleutelvrae om 'n bespreking in te lei: Waar word groenteboerdery beoefen? Is daar 'n proses wat vanaf saad tot tafel gevolg word? Weet jy waar verskillende soorte boerdery in ons land plaasvind? Watter groentesoorte word in ons provinsie of omgewing verbou? Hoekom word hierdie groentesoorte hier verbou? Stap 2: Kaartwerk ­ Ligging: Gebruik bronne (Kaart van Groenteboerdery in Suid-Afrika) en identifiseer watter groente in die verskillende provinsies van ons land verbou word.

- 13 -

Stap 3: Klasbespreking: Hoekom is hierdie provinsies geskik vir hierdie soort boerdery? (Faktore wat hierdie soort boerdery beïnvloed) Weet jy in watter seisoen die boer die landerye begin ploeg en hoekom hy verkies om dit gedurende daardie seisoen te doen? Stap 4: Nota vir die onderwyser: Bring verskillende groentesoorte as hulpbronmateriaal klas toe. Waar word elke groentesoort verbou? Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 26 Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Vrugte wat in Suid-Afrika verbou word ­ ligging en proses Metodologie Stap 1: Onderwyser lei bespreking in met die volgende vraag: Kan jy die verskillende vrugtesoorte wat in Suid-Afrika verbou word, opnoem? Weet jy waar elke vrugtesoort groei? Weet jy hoekom dit daar verbou word? Stap 2: Kaartwerk ­ ligging: Verwys na gegewe bronne om te identifiseer waar Suid-Afrikaanse groentesoorte verbou word. Gebruik 'n provinsiale kaart van Suid-Afrika en vind uit waar elke vrugtesoort verbou word. Stap 2: Verduidelik hoekom hierdie provinsies geskik is vir hierdie soort boerdery. Stap 3: Onderwyser beplan 'n opvoedkundige uitstappie na enige Suid-Afrikaanse vrugteverwerkingsaanleg, bv. S.A.D, Ceres Vrugtesap, Appletiser (Grabouw) of enige vrugteplaas waar vrugte verwerk word. Nota vir onderwyser: Sulke uitstappies moet baie goed beplan word en die leerders moet voorberei word en 'n vraelys ontvang. 'n Navorsingsprojek oor hierdie uitstappie kan gedoen word wanneer die leerders weer terug is by die skool. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 27 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Graanboerdery ­ ligging en proses Metodologie Stap 1: Onderwyser begin les met sleutelvrae om 'n bespreking in te lei: · Waarna verwys die woord "graan"? · Waar word sekere graansoorte verbou? · Waarvoor word elke graansoort gebruik? Stap 2: Kaartwerk ­ Ligging: Noem verskillende graansoorte wat in Suid-Afrika verbou word. Plaas hulle op 'n provinsiale kaart (koring, rys, mielies, hawer, sorghum, rog) Weet jy hoekom sekere graansoorte in sekere gebiede in Suid-Afrika verbou word? Stap 3: Tabuleer enige drie Suid-Afrikaanse graansoorte en noem vier produkte wat van elkeen afkomstig is. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

- 14 -

WEEK 28 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Boerdery in die verlede en vandag: Metodologie Stap 1: Onderwyser begin deur die volgende sleutelvrae te stel: · Wat is 'n "boerderymetode"? · Wat is 'n "tradisionele boerderymetode" (bv. implemente en vervoermiddels wat deur diere getrek word en net handearbeid)? · Wat is 'n "moderne boerderymetode" (bv. gebruik van masjinerie en gemotoriseerde voertuie)? Stap 2: Onderwyser verduidelik die begrippe hierbo en som hierdie verskille op die bord op. Leerders kan 'n paragraaf oor elke boerderymetode skryf. Stap 3: Groepwerk: Leerders werk in groepe en maak plakkaat om verskille tussen tradisionele en moderne boerderymetodes te onderskei en lê dit aan die klas voor. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 29 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Belangrikste soorte veeboerdery: Skape Metodologie Stap 1: Onderwyser lei les in met die volgende sleutelvraag: Waar in Suid-Afrika word daar met skape geboer? Watter proses word vanaf die plaas tot by die finale produk gevolg? Stap 2: Kaartwerk ­ ligging: Gebruik atlasse as hulpbronne om die provinsies in Suid-Afrika waar daar met skape geboer word, te identifiseer. Vind die provinsies op 'n provinsiale kaart. Stap 3: Klasbespreking: Kyk na die ligging van skaapplase in Suid-Afrika en bepaal in watter reënvalstreke hulle val. Verduidelik hoekom hierdie gebiede vir hierdie soort boerdery gepas is. Verwys na die belangrikheid van reënval en plantegroei. Stap 4: Leerders werk in groepe en bespreke die proses wat gevolg word vandat 'n skaap geslag word totdat die vleis op die tafel is. Groepe rapporteer aan die klas terug en skryf die proses in werkboeke neer. Stap 5: Leerders maak 'n collage: Gebruik prente van produkte en newe-produkte. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

WEEK 30 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Belangrikste soorte veeboerdery: Beeste Metodologie Stap 1: Hoewel beeste oral in die land aangetref word, is daar gebiede wat meer gepas is vir beesboerdery as ander. Gebruik gegewe bronne om hierdie gebiede te identifiseer en te vind. Onderwyser kan die atlas of enige ander gepaste bronne gebruik. Stap 2: Klasbespreking: Vergelyk streke vir skaap- en beesboerdery in Suid-Afrika. Hoekom is daar 'n duidelike onderskeid tussen die twee streke? (plantegroei, reënval, siektes, ens.) Stap 3: Navorsing: Gebruik bronne om te bepaal watter verskillende soorte beeste daar is en waarvoor, benewens sy vleis, elke soort hoofsaaklik gebruik word.

- 15 -

Stap 4: Leerders stel in hulle werkboeke 'n lys van al die produkte en neweprodukte van beeste op. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

WEEK 31 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Belangrikste soorte boerdery: Suiwelboerdery Metodologie Stap 1: Onderwyser begin met sleutelvrae vir klasbespreking. · Wat is suiwelboerdery? · Is daar 'n verband tussen suiwel- en beesboerdery? · Wat is die verband? Hoe beïnvloed dit die verspreiding van suiwelboerdery? Stap 2: Leerders stel in hulle werkboeke 'n lys op van al die moontlike suiwelprodukte en neweprodukte. Stap 3: Leerders werk in groepe en bespreek waar die verskillende suiwelprodukte vervaardig word en stel 'n lys op van al die moontlike probleme en uitdagings wat in hierdie proses ondervind word. Hoe raak elkeen die eindproduk (koste, higiëne, gesondheid, ens.) Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 32 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Belangrikste soorte boerdery: Pluimveeboerdery Metodologie Stap 1: Onderwyser lei les in met sleutelvrae vir klasbespreking: · Wat is pluimveeboerdery? · Watter diere vorm deel van pluimveeboerdery? · Wat is die belangrikste produkte van pluimveeboerdery? Stap 2: Leerders verwys na die gegewe bronne en skryf in hulle werkboeke 4 ­ 5 sinne oor hoe 'n pluimveeplaas werk. Stap 3: Leerders werk in groepe en bespreek die voedingswaarde van pluimveeprodukte in 'n mens se dieet. Stap 4: Identifiseer uitdagings en probleme waarmee pluimveeboere te kampe het, bv. hoendergriep, pryse. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEKE 33 en 34 Voedselproduksie in Suid-Afrika Konteks: Visvangs Metodologie Stap 1: Onderwyser lei bespreking in met 'n sleutelvraag: · Waarom is Suid-Afrika ideaal geleë vir visvang bedrywighede? Stap 2: Kaartwerk ­ Ligging: Verwys na die kaart van Suid-Afrika en identifiseer die provinsies wat ideaal geskik is vir visvangs. Noem redes vir jou antwoord. Stap 3: Identifiseer die hawens vir visvangs en vind hulle op die kaart. (Stap 2) - 16 -

Stap 4: Identifiseer die verskillende visvangseisoene en stel 'n lys op van wanneer die verskillende soorte vis gevang kan word. Bring dit in verband met begrippe van somer, herfs, winter, lente. Stap 5: Identifiseer uitdagings en probleme waarmee vissers te kampe het, bv. oorbevissing, stroping, waterbesoedeling, weerstoestande, pryse. Stap 6: Bespreek die volgende begrippe en teken dit in werkboeke aan: visbewaring, visvangmetodes, produkte, verwerkingsaanlegte en kwotas. Stap 7: Beplan maniere om die beskerming van ons natuurlike vishulpbronne te verbeter, bv. die beperking van buitelandse bote, visvangseisoene, grootte van gate in die nette, boetes. Stap 8: Leerders maak 'n collage vir bewusmaking: Bewaring van die visvangbedryf vir toekomstige geslagte. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 35 Toegang tot kos en water: Konteks: Gevolge van gebrek aan kos en behoorlike voeding Metodologie Stap 1: Onderwyser lei 'n bespreking in met sleutelvrae: · Hoekom is 'n gesonde dieet belangrik? · Wat is 'n gebalanseerde dieet? Stap 2: Leerders hou 'n dinkskrum en teken 'n breinkaart oor die verskillende kossoorte wat nodig is vir 'n gesonde dieet. Onderwyser help en verduidelik wanneer leerders terugrapporteer, skryf ook belangrike aantekeninge op die bord. Stap 3: Leerders skryf in hulle werkboeke 'n lys van die verskillende voedselgroepe. Stap 4: Groepwerk: Leerders maak 'n collage van spesifieke voedselgroepe. Nota vir onderwyser: Voedselgroepe is basiese menslike behoeftes vir 'n gesonde leefstyl, groei en oorlewing. Integreer perfek met Lewensoriëntering. Stap 5: Leerders skryf 'n paragraaf oor hoekom 'n gesonde dieet vir elke kind belangrik is. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 36 Toegang tot kos en water: Konteks: Maniere om toegang tot water te kry ­ verlede en hede Metodologie Stap 1: Onderwyser lei 'n bespreking in met sleutelvrae: · Hoe kry ons die water wat ons elke dag nodig het? · Hoe het mense in die verlede hulle water vir daaglikse gebruik gekry? · Kry alle dele van ons land 'n gelyke hoeveelheid reën? Verwys na reënvalstreke van Suid-Afrika. Stap 2: Leerders skryf ná die bespreking hierbo vyf sinne oor "Maniere om Water te Bespaar". Nota aan die onderwyser: Leerders kan hierdie aktiwiteit in die vorm van 'n belofte / eed doen. Stap 3: Leerders kan, as 'n datahanteringsaktiwiteit, 'n reënmeter maak om gedurende verskillende seisoene 'n week lank die reënval te meet. Stap 4: Groepwerk: Leerder beskryf en illustreer in 'n voorlegging die waterfiltrasiestelsel vanaf die dam tot by die kraan. (Bring in verband met watersiklus in Natuurwetenskappe) Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW - 17 -

WEEK 37 Toegang tot kos en water: Konteks: Maniere om toegang tot kos te kry ­ verlede en hede Metodologie Stap 1: Klasbespreking: Vandag koop ons, namate die behoefte ontstaan, ons kos by enige winkel van ons keuse. Sleutelvraag: Hoe het mense soos die Khoi-Khoi en San in die verlede kos gekry? (Bv. jag, versameling, bestaansboerdery, ens.) Stap 2: Verwys na gegewe bronne en identifiseer die proses om voor die gebruikvan verkoelings kossoorte te vind en te preserveer en teken dit aan. (Onthou wat seevaarders gedoen het om te oorleef.) Stap 3: Maniere om toegang tot hulpbronne te verbeter: Leerders lê, met die hulp van die onderwyser, 'n groentetuin by die skool aan, dalk met die oog op 'n markdag of die skool se voedingskema. Leerders moet ook aangemoedig word om hulle eie groentetuine tuis aan te lê. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW WEEK 38 Toegang tot kos en water: Konteks: Verstandige gebruik en bestuur van water Metodologie Stap 1: Onderwyser stel sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om water te bespaar? Stap 2: Leerders teken bevindings in werkboeke aan. Stap 3: Leerders skep 'n brosjure oor waterbesparing om in hulle omgewing te versprei. (Voorstelle om in en om die huis water te bespaar.) Onthou, die brosjure moet kleurvol wees en 'n duidelike boodskap oordra. Stap 4: Prakties: Waterbesparingsprojek by die skool, bv. koppies en watertenks met krane sodat leerders nie met hulle hande onder 'n lopende kraan drink nie. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW

WEEK 39 Toegang tot kos en water: Konteks: Verstandige gebruik en bestuur van water Metodologie Stap 1: Onderwyser verduidelik dat, hoewel ons 'n ontwikkelende land is, daar baie mense is wat kos verkwis terwyl duidende weens honger omkom. Sleutelvrae: · Wat, dink jy, moet die regering doen om dit te verander? · Wat kan ons doen om seker te maak ons het genoeg om te eet? · Hoe kan ons seker maak dat almal in Suid-Afrika genoeg het om te eet? Stap 2: Leerders identifiseer die antwoorde op die vrae hierbo en teken dit in hulle werkboeke aan. Stap 3: Die volgende maak die moeilik om vir ons mense kos te voorsien: lugbesoedeling, gronderosie, oorbevissing. Leerders doen navorsing oor hierdie probleme en bepaal hoe hulle voorkom kan word. Stap 4: Leerders hou 'n klasbespreking oor bogenoemde en kan dan oplossings onder geskikte hofies aanteken. Hulpbronne: Atlasse, handboeke, tydskrifte, kaarte, video's, Internet, prente, ens. Integrasie: Geskiedenis, Tale, Natuurwetenskappe, Wiskunde, EBW - 18 -

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6: Eksamen Die eksamen moet handel oor die werk wat gedurende die laaste 10 weke van die jaar gedek is. Dit moet uit 'n minimum van 40 punte tel. Gebruik 'n verskeidenheid vraagtegnieke: brongebaseerde vrae, basiese vrae soos "Wat is die...?", vrae wat ooreenkomste en verskille beklemtoon, vrae oor oorsaak en gevolg, en hoër-ordevrae. Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die eksamen moet uit die volgende bestaan: · Kennisvrae oor onderwerpe wat gedurende die afgelope kwartaal gedek is en kaartwerk. · Bronne moet in die eksamen ingesluit word, bv. geskrewe bronne, prente, foto's, kaarte, data. Stap 3: Onthou, die eksamen moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is. Stap 4: Sluit 'n verskeidenheid vrae in wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip insluit, en nie net vrae wat bloot op geheue berus nie. Stap 5: Gebruik kortvrae vir 'n maksimum van 40% van die eksamen, bv. noem, stel 'n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens. Stap 6: Vrae waarop die antwoord Waar/Onwaar is. Vereis 'n verdere antwoord, bv. Gee 'n rede vir jou antwoord. Stap 7: Die pas van twee items in twee kolomme is nuttig om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordopsies as stimuli wees. Daar moet net 'n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word. Stap 8: Verwys na bronne om langer antwoorde te vra wat kognitiewe vaardighede toets, bv. takseer, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bls. 25 ­ 30.

- 19 -

GESKIEDENIS GRAAD 4

ONDERWYSERSGIDS LET WEL: 1. Geskiedenis en Aardrykskunde moet elk 90 minute per week onderrig word. Dit word sterk aanbeveel dat elke dissipline in sessies van een les van 'n halfuur en een van 'n uur lank verdeel moet word. Albei dissiplines moet elke kwartaal onderrig en geassesseer word. 2. Die drie Leeruitkomste (tesame met die toepaslike Assesseringstandaarde) word gedurende die onderrig-, leer- en assesseringsproses altyd saam gebruik. 3. Die kennisfokusraamwerk (inhoud) en die toepaslike Assesseringstandaarde (vaardighede) moet gedurende lesse onderrig en verduidelik word en deur die leerders in hulle werkboeke geoefen word. 4. Verduidelik nuwe begrippe aan leerders terwyl hulle deur die kennisfokusraamwerk vir Sosiale Wetenskappe werk. Gebruik die terminologie wat in die assesseringstake gebruik gaan word. 5. Die Sosiale Wetenskappe-leerarea is berus op die ondersoekvaardighede-leerproses. Die proses moet leerders aanmoedig om met bewyse te werk en die logika van argumente te oorweeg, en geleenthede bied om hulle eie waardes, menings en oordele te oorweeg in verhouding tot dié van hulle portuurgroep. 6. Die konstruksie van kennis en die ontwikkeling van interpretasievaardighede berus op die grondslag van ondersoek. Onderwysers en leerders word aangemoedig om altyd vrae te vra. Die gebruik van Sleutelvrae is belangrik vir die ontwikkeling van kritiese denke. Leerders moet aangemoedig word om hulle eie vrae te skep en te formuleer. Moedig kritiese denke aan deur die volgende te doen: · Daag leerders uit om vrae te stel. · Ontwikkel die leerders se vraagstellingsvaardighede. · Vra leerders oor hulle eie begrip uit. · Moedig leerders aan om alternatiewe te probeer vind voordat hulle op 'n antwoord besluit. · Moedig leerders aan om redes te gee vir sekere dinge wat hulle sê of aan die hand doen. · Vra leerders om hulle keuses te motiveer. · Gee leerders geleentheid om te klassifiseer, te ontleed en te skep. · Betrek leerders in dialoog. · Skep geleenthede vir gefokusde gesprekke met hul klasmaats. · Bevraagteken stereotipes en partydigheid. 7. Wanneer dit ook al moontlik is, moet werklike goed (outentiekheid) in die klaskamer gebruik word: egte voorwerpe om te besigtig en te hanteer, egte dokumentêre en visuele bronne. Soek bronne waarby die leerders aanklank sal vind. Vind bronne wat die leerder, eerder as die onderwyser, interessant sal vind. In Geskiedenis kan items uit die verlede en vir Aardrykskunde kan veldwerkkaarte, foto's en huidige koerante gebruik word. 8. Gebruik minder bronne in groter diepte. Bronne moet met sorg gekies word om seker te maak dat daar genoeg inligting vir betekenisvolle werk is. Behandel kleiner onderwerpe in meer besonderhede. Ware leer vind plaas wanneer leerders die geleentheid gegee word om diepte-ondersoeke te doen, eerder as om 'n aantal onderwerpe slegs oppervlakkig te behandel. 9. Leerders moet hulle bevindings aan die res van die klas sowel as aan andere binne en buite die skoolgemeenskap kan oordra: -1-

· · ·

In Graad 4 deur die skryf van 'n paragraaf, bespreking, die samestel van 'n boek, 'n collage, die gebruik van 'n plakkaat, kunswerk, drama, dans en musiek. In Graad 5 deur kort paragrawe, eenvoudige grafieke, kaarte, diagramme, die skepping van kunswerke, plakkate, musiek, dans en drama, projekte en bespreking. In Graad 6 deur gestruktureerde skryfwerk, bespreking en geleide debatvoering, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme, kunswerk , dans en drama.

10. DAAR IS SES FORMELE ASSESSERINGSTAKE VIR SOSIALE WETENSKAPPE Nr 1 Kwartaal 1 Datum/ week Week 10 Geskiedenis/ Aardrykskunde Geskiedenis & Aardrykskunde Geskiedenis Toets Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag * Projek (Navorsingswerkopdrag/ Kreatiewe Respons) Kaartwerk en Datahantering Werkopdrag * Projek (Navorsingswerkopdrag / Kreatiewe Respons) Eksamen Taak Minimum Puntetoekenning G = 20 A = 20 Totaal: 40 Bronwerk: 30 Uitgebreide Skryfwerk: 10 Totaal: 40 40

2

2

Week 16

3

2

Week 20

Aardrykskunde

4

3

Week 24

Aardrykskunde

40

5 6 · · · · ·

3 4

Week 30 Week 40

Geskiedenis Geskiedenis & Aardrykskunde

40 G = 40 A = 40

Alle assesseringstake moet binne die konteks van die leerders ontwikkel word. Al drie leeruitkomste (met die toepaslike assesseringstandaarde) en die inhoud (kennisfokusraamwerk) word saam geassesseer. As die Projek in Geskiedenis 'n Navorsingswerkopdrag is, moet die projek vir Aardrykskunde 'n Kreatiewe respons wees, of omgekeerd. Die instruksies aan die leerders moet duidelik wees. Al die Formele Assesseringstake dra dieselfde gewig. Bewyse van al die inhoud, oefeninge en aktiwiteite (informele assessering) moet in die leerders se werkboeke verskyn voordat die formele assesseringstaak vir optekening en rapportering gedoen word. (Kyk in die Werkskedule.) `n Goeie praktyk om seker te maak dat leerders hulle eie werk doen, is deur hierdie take in die klas onder gekontroleerde omstandighede te doen. Hierdie praktyk kan verseker dat elke leerder sy eie werk doen. Dit kan dalk ook verseker dat al die leerders hulle take inhandig. Kaartwerk- en datahanteringvaardighede, tesame met die inhoud, moet voortdurend onderrig en elke kwartaal informeel geassesseer word. Formele assessering vir kaartwerk en datahantering vind gedurende die derde kwartaal plaas. Kaartwerk en datahantering moet ook in die eerste toets en die eksamen geassesseer word. Raadpleeg die Beleidsdokument oor Sosiale Wetenskappe vir die kaartwerkvaardighede en -begrippe vir elke graad ­ let op na die progressie.

·

-2-

11. Verskillende soorte bronne. Die volgende diagram toon die verskeidenheid bronne wat binne Sosiale Wetenskappe in Geskiedenis sowel as Aardrykskunde gebruik kan word. MONDELING Onderhoude en Herinneringe Mondelinge tradisies Mites en legendes Gedigte Liedere Stories Vraelysantwoorde SKRIFTELIK Handboeke Boeke Koerante Tydskrifte Sensusdata Dokumente Briewe Joernale Dagboeke, Verslae Pamflette Advertensies Internet, CD ROM VISUEEL Foto's Spotprente Kaarte en planne Atlasse Topografiese kaarte Lugfoto's Satellietbeelde Skilderye en tekeninge Rolprent, televisie, video Standbeelde en snywerk Internet, CD ROM

MOONTLIKE BRON ARGEOLOGIE Ruïnes of begraafde terreine of geboue Stuifmeelspore Fossiele Artefakte (voorwerpe wat op terreine gevind word), bv. pottebakkerswerk, beendere, muntstukke, houtskool, gereedskap, werktuie, wapens FISIES Voorwerpe uit die verlede wat behoue gebly het, bv. pasboeke Geskiedkundige geboue Monumente Standbeelde en beeldhouwerk Houtsneewerk Alledaagse voorwerpe, bv. meubels, klerasie, juweliersware, voertuie LANDSKAP Nedersettings en planne daarvan Geboue en terreine Paaie, spore, paadjies Brûe, spoorweë, hawens Uitwerking van menslike aktiwiteite op die omgewing Lugfoto's Fisiese landskapskenmerke, bv. passe, vlaktes, baaie, grotte

(Aangepas uit: Onderwysersgids vir die Ontwikkeling van Leerprogramme: Sosiale Wetenskappe 2003, bl. 27. Aardrykskunde-bronne op bl. 32.)

-3-

GRAAD 4 WEEK 1 Inleiding tot Geskiedenis Metodologie Stap 1: Stel Geskiedenis as 'n dissipline van Sosiale Wetenskappe bekend. Die onderwyser lei 'n bespreking in en gebruik toepaslike prente as bronne om die vrae hieronder te beantwoord. Stap 2: Stel 'n sleutelvraag. Die SLEUTELVRAAG vorm 'n integrale deel van geskiedkundige ondersoek. 'n Historikus werk soos 'n speurder. Leerders moet deur die ondersoekproses gelei word: Stap 3: Verduidelik die ondersoekproses. · Ons werk met bronne (bewyse) (LU 1). · Vra 'n sleutelvraag. · Identifiseer inligting. · Beantwoord vrae. · Dra die antwoord oor. Stap 4: Stel die volgende sleutelvrae wanneer jy Geskiedenis bekendstel: · Wat is geskiedenis? Verduidelik hoe leerders geskiedkundiges kan word. Hulle werk as ondersoekers. · Wat is die verlede en hede? · Wat is 'n bron? Stap 5: Stel bronne bekend. Bespreek die verskeidenheid bronne wat 'n Historikus gebruik. Voltooi 'n oefening oor 'n verskeidenheid bronne · Skriftelike bronne: ou skoolrapporte, geboortesertifikate, ou briewe o Wie het dit geskryf? o Hoekom het hulle dit geskryf? o Het die skrywer die waarheid vertel? · Artefakte (voorwerpe): ou klere, erdewerk, stukke werktuie o Wat is dit? o Waarvoor is dit gemaak? o Wie het dit gemaak? · Foto's: skoolfoto's, familiefoto's, foto's van dorpe o Wat is in die agtergrond? o Wie is op die foto? o Watter aktiwiteit vind plaas? · Mondelinge Bronne: ouer familielede, onderwysers, gemeenskapslede o Met wie is die onderhoud gevoer? o Hoe oud is jou bron? o Onthou die bron alles duidelik of raak hy of sy verward? Hulpbronne: Onderwysersgids vir die Ontwikkeling van Leerprogramme: Sosiale Wetenskappe; verskillende handboeke. Integrasie: Aardrykskunde, Tale

-4-

WEKE 2 en 3 (Let wel: Hierdie afdeling hou verband met Erfenis) Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: My gesin is deel van die gemeenskap in my plaaslike omgewing/distrik. Metodologie Stap 1: Stel die sleutelvrae: Wie is ek? (Waar pas ek as deel van my gesin in? Konsentreer op my eie geskiedenis) Stap 2: Verduidelik die begrippe op teken en organiseer. Stap 3: Bespreking oor hoekom dit in Sosiale Wetenskappe belangrik is om inligting uit verskillende soorte bronne op te teken. Stap 4: Leerders word gevra om huis toe te gaan en hulle eie lewensgeskiedenis te ondersoek. Hulle gaan navraag doen oor die omstandighede en gebeure wat met hulle geboorte verband hou, asook hulle vroeë jare. Onderwysers moet sensitiwiteit en verdraagsaamheid toon en bewus wees van die uiteenlopende agtergronde waaruit leerders dalk kom, byvoorbeeld enkelouergesinne. Stap 5: Die leerders teken die inligting wat hulle versamel, op. Die onderwyser kan dan vir hulle 'n reeks vrae gee om hulle te help om hulle inligting te organiseer. Leerders voer onderhoude met 'n ouer lid of ouer lede van die familie om meer oor hulle eie geskiedenis uit te vind. Vrae wat gebruik kan word 1. Wanneer is jy gebore? (seisoen, datum, tyd) 2. Waar is jy gebore? (dorp) 3. Wie was by die hospitaal? (verpleegsters, pa, grootouers, dokter) 4. Hoeveel het jy geweeg? 5. Hoe lank was jy? 6. Waar pas jy in jou gesin? (oudste, jongste, getal broers en susters) 7. Woon jy nog altyd in die huis waar jy nou woon? Informele Assessering Stap 6: Die leerders dra hulle bevindings oor deur 'n paragraaf van ongeveer vier tot vyf sinne te skryf. Hulle sluit 'n prent wat hulle geteken het of 'n foto in. Onderwysers moet leerders aanmoedig om volsinne te skryf, in 'n netjiese handskrif te skryf en korrekte punktuasie te gebruik. Leerders moet hulle werk lees om seker te maak dat dit vir die leser sinvol sal wees. Stap 7: Verduidelik hoe om 'n tydlyn te voltooi. Leerders skep hulle eie tydlyn vanaf hulle geboorte tot Graad 4. Hulpmiddels: Onderhoude en herinnerings, dokumente, foto's Integrasie: Huistaal, Lewensoriëntering WEKE 4 en 5 Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Die geskiedenis van my skool Metodologie Stap 1: Begin die les met 'n SLEUTELVRAAG: Wat is die geskiedenis van my skool? Stap 2: Bied 'n interessante les oor die geskiedenis van julle skool aan. Gebruik hulpbronne soos foto's en nooi afgetrede skoolhoofde, onderwysers, opsieners, sekretaresses, ens. om die klas te besoek. Informele Assessering Stap 3: Leerders beantwoord vrae. Die onderwyser moet die bronne soos skooltydskrifte, jaarblaaie, koerantberigte, ou foto's, ens. verskaf en vrae stel om die leerders te lei om hulle inligting te organiseer: Vrae wat gebruik kan word: 1. Hoekom is daar besluit om julle skool te bou? 2. Wat is die naam van julle skool? 3. Hoekom het julle skool dié naam?

-5-

Wanneer is die skool gebou? Het die skool in die huidige gebou begin? Wie was die eerste skoolhoof? Waar kom die name van julle sporthuise vandaan? Wanneer is uitbreidings by die oorspronklike skool gedoen? (velde, saal, biblioteek, ens.) 9. Word hierdie fasiliteite deur die gemeenskap gebruik? Stap 4: Verduidelik wat met "chronologiese volgorde" bedoel word. Leerders gebruik 'n tydlyn en rangskik gebeure in chronologiese volgorde. Gebruik 'n geskrewe teks wat toepaslike gebeure en datums bevat. Leerders kan sinne dalk in die korrekte datumvolgorde neerskryf. Hulpmiddels: Onderhoude en herinnerings, dokumente, foto's Integrasie: Huistaal, Lewensoriëntering, Wiskunde

4. 5. 6. 7. 8.

WEEK 6 Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Die geskiedenis van my dorp en sy hulpbronne wat daardie geskiedenis verskaf Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. Sleutelvraag: Wat is die verband tussen ons dorp en sy hulpbronne? Verskaf inligting oor die dorp se verlede. Stap 2: Verduidelik dat 'n breinkaart begin met 'n dinkskrum, of deur feite uit bronne te kies. Stap 3: Daarna moet 'n mens die inligting sorteer en dit struktureer (in die vorm van 'n spinnekopdiagram) met die onderwerp in die middel van die bladsy en die belangrikste idees (sleutelwoorde) wat soos die bene van die spinnekop daaruit voortspruit. Informele Assessering Stap 4: Breinkaart Leerders teken, met hulp, 'n breinkaart oor al die geskiedkundige terreine in die omgewing. (Brongebaseerde aktiwiteit). Hulpmiddels: Reisagentskappe, monumente, plaaslike geskiedkundige terreine, en Internet Integrasie: Aardrykskunde, Huistaal, EBW WEEK 7 Stap 1: Stel 'n Sleutelvraag: Wat is die geskiedenis van my dorp? Stap 2: Werk met bronne: · Leerders vra, waar moontlik, ouers om inligting oor die geskiedenis van die omgewing. · Onderwysers kan moontlik die Internet of ander bronne gebruik om die oorsprong van die gebied na te vors. · Onderwysers kan op gebeure uit die verlede of beroemde mense konsentreer. · As daar baie min geskiedkundige inligting oor julle dorp is, vergroot die area waaroor julle navorsing doen. Informele Assessering Stap 3: Voltooi 'n tydlyn gebaseer op datums wat toepaslik is vir die breinkaart. Sleutelvraag: Hoe weerspieël straatname en ou geboue die geskiedenis van ons dorp? Stap 4: Fokus daarop dat leerders 'n interpretasie van die dorp se geskiedenis kan aanbied. Stap 5: Die leerders kry die geleentheid om die verlede vanuit hulle oogpunt voor te hou deur 'n prent, kunswerk, model of collage te skep. Teken 'n prent of skep 'n collage wat jou omgewing en die geskiedenis daarvan verteenwoordig. Leerders hou 'n uitstalling van hulle plakkate wat verskillende aspekte van die dorp se verlede moet beklemtoon. Hulpmiddels: Kaarte, Onderhoude en herinnerings, Internet. Integrasie: Kuns en Kultuur, Aardrykskunde

-6-

WEEK 8 Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Oortuigings wat met natuurlike kenmerke van die plaaslike omgewing verband hou Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. Sleutelvraag: Watter oortuigings of tradisies hou verband met natuurlike kenmerke in julle distrik? Stap 2: Versamel inligting oor oortuigings, volksoorlewerings of tradisionele verhale wat met natuurlike kenmerke in julle dorp of omgewing verband hou, bv. Tafelberg, Paarlrots. Stap 3: Vertel vir jou leerders 'n tradisionele volksverhaal. Informele Assessering Stap 3: Stuur kinders huis toe om ondersoek in te stel na moontlike mondelinge tradisies of oortuigings wat met plaaslike natuurlike kenmerke verband hou. Rapporteer terug aan die klas. (Verskillende standpunte) Stap 4: Gee vir die leerders vrae wat in hulle ondersoek as riglyne kan dien. Moontlike vrae: · Oor watter natuurlike kenmerk handel die verhaal? · Wie is die karakters in die verhaal? · Wat het in die verhaal gebeur? · Hoe eindig die verhaal? Stap 5: Vestig die leerder se aandag op die feit dat daar meer as een weergawe van die verhaal kan wees. Hulpmiddels: Mondelinge inligting, handboeke, Internet Integrasie: Huistaal, Aardrykskunde WEEK 9 Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Simbole, monumente en museums Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. Sleutelvraag: Wat is museums en monumente? Dit kan 'n mondelinge bespreking of groepaktiwiteit wees. · Hoekom is monumente gebou? · Watter gebeure in 'n provinsie beeld hulle uit? (oorsaak en gevolg) Stap 2: Die onderwyser kan inligting versamel. Brosjures, voorbereide inligtingskaarte, ens. werk goed. Stap 3: Versprei 'n verskeidenheid inligting onder die leerders. Informele Assessering Stap 4: Brongebaseerde taak vir groep of individuele leerders Leerders werk alleen of in groepe. Hulle skryf minstens vier feite in die inligting oor die monument wat aan hulle gegee is. Brongebaseerde taak vir groep of individuele leerders Die volgende vrae kan as riglyne vir leerders gebruik word. · Hoe oud is die monument? · Wat gedenk die monument? · Wat simboliseer die monument? Stap 5: Leerders rapporteer hierdie inligting aan die klas. Die leerders kan 'n plakkaat, tekening, kunswerk of collage van die museum skep en oor hulle bevindings verslag doen. OF: Bestudeer een of meer van die oudste geboue in die omgewing. Besoek, indien moontlik, die toepaslike plek(ke) saam met jou klas. Maak seker dat deeglike voorbereiding gedoen is sodat die uitstappie voordelig is. Hulpmiddels: Brosjures, tydskrifte, handboeke, Internet Integrasie: Huistaal, Kuns en Kultuur

-7-

WEEK 10 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1: Toets Metodologie Stap 1: Al drie LU'e, met die toepaslike AS'e, moet geassesseer word. Stap 2: Die toets moet uit die volgende bestaan: · Vrae om kennis te toets van onderwerpe wat gedurende die eerste kwartaal gedek is. · Minstens drie bronne moet in die toets ingesluit word, bv. sensusdata, dokumente, briewe, koerante, tydskrifte, dagboeke, verslae, pamflette, boeke, advertensies, foto's, spotprente, kaarte, planne, lugfoto's, satellietfoto's, skilderye en tekeninge. · Bronne moet gekontekstualiseer word en 'n sleutelvraag insluit. · 'n Uitgebreide skryfstuk bestaande uit minstens drie paragrawe en gebaseer op die bronne wat verskaf is · Minimum puntetoekenning: 30 punte vir die bronwerk en 10 punte vir die uitgebreide skryfwerk Stap 3: Onthou, toetse moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is. Stap 4: Toetse moet 'n verskeidenheid vrae bevat wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip assesseer (kyk Bloom se Taksonomie) en moet nie op blote herroep gegrond wees nie. Stap 5: Gebruik vrae met kort antwoorde vir 'n maksimum van 40% van die toets, byvoorbeeld noem, stel 'n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens. Stap 6: Die antwoorde op vrae wat met Waar/Onwaar beantwoord kan word, moet verder uitgebrei word, bv. Gee 'n rede vir jou antwoord. Stap 7: Om items in twee kolomme bymekaar te pas, is 'n nuttige manier om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordmoontlikhede as stimuli wees. Daar moet net 'n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word. Stap 8: Gebruik bronne vir langer antwoorde om kognitiewe vaardighede te toets, byvoorbeeld ondersoek, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens. Stap 9: Die uitgebreide skryfwerk moet op alle bronne gebaseer wees. Leerders moet in hulle eie woorde skryf. Verskaf 'n assesseringsmatriks vir die uitgebreide skryfwerk. Let Wel: Die formaat van uitgebreide skryfwerk moet beklemtoon word (Inleiding, liggaam en slot). Hulpmiddels: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bl. 25 ­ 30. WEEK 11 Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Name van plekke en riviere Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. Sleutelvraag: Hoekom is die name van plekke en riviere in ons omgewing belangrik? Beklemtoon die begrip "historiese relevansie". Stap 2: Die onderwyser moet dalk die historiese relevansie (geskiedkundige toepaslikheid) van plekname (straatname) en riviername ondersoek. Gebruik die name as 'n vertrekpunt. Ondersoek die oorsprong van die name en die geskiedenis wat met die name geassosieer word by die dorp se inligtingskantoor, munisipaliteit of op die Internet. Stap 3: Stel vrae oor die oorsprong van of geskiedkundige gebeure wat met die name verband hou. Voorsien die leerders van bronnemateriaal. Leerders beantwoord vrae oor die toepaslikheid van name. Stap 4: Verskaf bronne met datums wat verband hou met die persone of gebeure wat met plekname, straatname, riviername of die verandering van name verband hou. Informele Assessering

-8-

Stap 5: Lei die leerders oor hoe om toepaslike inligting te kies en gebeure in chronologiese volgorde te rangskik. Speur, waar moontlik, die ontwikkeling van name in die area of die veranderings aan name in die area na. Leerders moet nou die gebeure op 'n tydlyn invul. Hulpmiddels: Kaarte, munisipaliteit, Internet Integrasie: Aardrykskunde, Taal

WEEK 12 Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Name van berge en bakens Metodologie: Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. Sleutelvraag: Wat is die oorsprong van die name van berge en landmerke in ons omgewing? Hoekom is dit belangrik om berge en landmerke name te gee? Stap 2: Die onderwyser moet dalk die geskiedkundige relevansie van die name van berge en l baken ondersoek. Gebruik die name as die vertrekpunt. Ondersoek die oorsprong van die name en die geskiedenis wat met die name geassosieer word by die dorp se inligtingskantoor, munisipaliteit, die Internet, ens. Stap 3: Beklemtoon dat daar meer as een weergawe van die verhaal kan wees. Stel leerders bekend aan die bronne van die verhaal en die vooroordeel wat daarin vervat is. (Skriftelike en visuele bronne) Informele Assessering Stap 4: Stel vrae oor die oorsprong of geskiedkundige gebeure wat met die name verband hou. Verskaf bronnemateriaal aan die leerders. Leerders beantwoord vrae oor die toepaslikheid van name. Stap 5: Gee vir die leerders leiding met uitgebreide skryfwerk. Hulle moet, op grond van bronnemateriaal, minstens vyf toepaslike sinne oor 'n berg of plaaslike bakens skryf. Dit is belangrik om goeie sinskonstruksie en logika te beklemtoon. Hulpmiddels: Kaarte, munisipaliteit, Internet Integrasie: Huistaal, Aardrykskunde WEEK 13 Die geskiedenis van jou dorp: Gebruik van grond en inheemse omgewingspraktyke Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. Sleutelvraag: Hoe het mense plante vir genesing gebruik? Stap 2: Die onderwyser ondersoek en verskaf bronne van inligting oor grondgebruik en inheemse omgewingspraktyke in die area. Informele Assessering Stap 2: Voltooi 'n navorsingsaktiwiteit deur 'n groep of die klas oor grondgebruik en inheemse omgewingspraktyke in julle omgewing, bv. plante wat vir genesing gebruik is (boegoe, ander kruie). Grondgebruik, boerdery-aktiwiteite, jag, tradisies onder plaaslike Afrikaanssprekendes, tradisies onder plaaslike Xhosa-sprekers, tradisies onder plaaslike Engelssprekendes, hoekom die Khoi-Khoi die veld aan die brand gesteek het. Konsentreer op twee weergawes van dieselfde verhaal ­ bronne oor dieselfde onderwerp, vooroordele in elkeen. Identifiseer en beklemtoon enige verskillende menings oor dieselfde onderwerp. Stap 3: Groepe kan terugvoering gee oor hulle bevindings, of die klas kan deelneem aan 'n bespreking waar verskillende leerders die geleentheid kry om terugvoering oor hulle bevindings te gee. Hulpmiddels: Mondeling, handboeke, Internet, vars / droë kruie. Integrasie: Tale en Aardrykskunde NOTA AAN ONDERWYSER: Die orde vir Weke 14 tot 16 kan onderling omgeruil word. -9-

WEEK 14 Verhale oor families en gemeenskappe, wat menslike waardes van besorgdheid oor ander verwoord. Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Hoe en hoekom word mense deur waardes gelei? Stap 2: Kies bronne oor mense uit Suid-Afrika wat besorgdheid oor ander getoon het, bv. Desmond Tutu, mev. Johnson (versorger van Nkosi Johnson), Emily Hobhouse, Marie Koopmans de Wet. Stap 3: Stel toepaslike vrae oor die lewe van die persoon, familie of gemeenskap wat besorgdheid oor ander getoon het. Informele Assessering Stap 4: Lei die leerders in uitgebreide skryfwerk. Hulle moet minstens vyf toepaslike sinne, gebaseer op bronnemateriaal, skryf. Onderwysers moet struktuur bied om die beplanning van die leerders se skryfwerk te ondersteun. Hulpmiddels: Handboeke, prente, Internet, ens. Integrasie: Tale en Lewensoriëntering WEEK 15 Verhale oor families en gemeenskappe - oorwinning oor struikelblokke: Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Watter menslike eienskappe help mense om struikelblokke te bowe te kom? Stap 2: Die onderwyser moet bronne kies oor meer as een Suid-Afrikaanse persoon, gesin of gemeenskap wat struikelblokke te bowe gekom het, bv. Nkosi Johnson, Oscar Pistorius, Natalie du Toit. Stap 3: Help die leerders om feite oor minstens twee onderwerpe te kies met die doel om hulle te vergelyk. Stap 4: Gee vir die leerders riglyne, soos bv. deur die persoon (persone) bekend te stel, die struikelblok te identifiseer, menslike eienskappe in die toepaslike persoon (persone) te identifiseer, wat ons uit hulle voorbeeld leer. Informele Assessering Stap 5: Help die leerders om hulle antwoorde in twee kolomme te tabuleer om 'n vergelyking te skep. Hulpmiddels: Handboeke, prente, Internet, ens. Integrasie: Tale en Lewensoriëntering WEEK 16 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2: Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag. Dit is belangrik om daarop te let dat 'n formele assesseringstaak in ongeveer Week 16 of 17 voltooi moet word. Dit moet 'n Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag wees. Dit kan handel oor enige van die afdelings van die werk wat onlangs gedek is. Leerders moet die taak alleen en onder gekontroleerde omstandighede voltooi om outentisiteit te verseker. Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die onderwyser moet gekontekstualiseerde bronne verskaf. Gebruik minstens drie bronne, bv. sensusdata, dokumente, briewe, koerante, tydskrifte, dagboeke, verslae, pamflette, boeke, advertensies, foto's, spotprente, kaarte en planne, lugfoto's, skilderye en tekeninge. Stap 3: Stel 'n verskeidenheid vrae oor die bronne. Hierdie vrae moet vrae uit die laer, middel- en hoër orde insluit. Vrae moet op die leeruitkomste en assesseringstandaarde gegrond wees ­ ons assesseer nie net begrip nie, leerders moet byvoorbeeld vrae uit geskrewe

- 10 -

sowel as visuele bronne kan beantwoord; met chronologie en tydlyne kan werk; die verlede kan voorstel deur 'n breinkaart, ens. te teken; erken dat daar meer as een weergawe van 'n verhaal kan wees; redes en verduidelikings kan verstrek; ooreenkomste en verskille kan identifiseer; vrae wat op interpretasie van bronne en oorsaak en gevolg gegrond is, kan beantwoord. Stap 4: Vra die leerders om die toepaslike bronne te gebruik om minstens drie paragrawe te skryf waarin hulle op die sleutelvraag konsentreer. Stap 5: Minimum puntetoekenning: 30 punte vir werk met bronne en 10 punte vir die uitgebreide skryfwerk. WEEK 17 Verhale oor families of gemeenskappe wat weerstand teen dit wat verkeerd is uitbeeld: Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Hoekom verset mense hulle teen dit wat verkeerd is? Stap 2: Die onderwyser berei die leerders vir die brongebaseerde assesseringstaak vir uitgebreide skryfwerk voor deur hulle te leer van persoonlikhede hulle teen onregmatige optrede verset het. Stap 3: Die onderwyser voorsien die toepaslike bronne. Leerders moet minstens drie bronne gebruik, bv. inligtingsbronne oor 16 Junie, trekarbeiders, die Alexander-busboikot in die 1950's. Stap 4: Dit moet 'n omvattende taak wees. Leerders moet net gedurende klastyd aan hierdie taak werk. Dit moet nie by die huis gedoen word nie. Stap 5: Onderwysers stel vrae uit die laer, middel- en hoër orde. Stap 6: Die puntetoekenning is 10 punte vir die paragraaf en 30 punte vir die brongebaseerde vrae. Hulpmiddels: Handboeke, prente, Internet, ens. Integrasie: Tale en Lewensoriëntering WEEK 18 Verhale oor families of gemeenskappe wat waardering vir menseregte uitbeeld: Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Hoekom moet menseregte beklemtoon word? Stap 2: Kies bronne oor enige persoon of groep mense uit Suid-Afrika wat volgehou het om vir menseregte te stry, bv. Mahatma Ghandi, Helen Suzmann, Steve Biko. Stap 3: Stel relevante vrae oor die lewe van 'n persoon, familie of gemeenskap wat vir hierdie regte gestry het. Informele Assessering Stap 4: Gee vir die leerders leiding met uitgebreide skryfwerk. Hulle moet minstens vyf toepaslike sinne, gegrond op bronnemateriaal, skryf. Onderwysers moet die struktuur vir die beplanning van die leerders se skryfproses voorsien. Hulpmiddels: Handboeke, koerante, tydskrifte en Internet Integrasie: Tale en Lewensoriëntering WEKE 19 en 20 Die geskiedenis van jou dorp Mense as geskiedkundige bronne: Voer onderhoude met lede van die gemeenskap Metodologie Dit is 'n begeleide inleiding tot 'n mondelinge ondersoektaak

- 11 -

Stap 1: Die onderwyser nooi 'n vooraanstaande lid van die gemeenskap om die klas toe te spreek en oor die ontwikkeling van die gebied te praat. (Kontinuïteit en Verandering ­ Toe en Nou) Stap 2: Gee vir die spreker leiding oor watter onderwerpe hy of sy moet bespreek. Stap 3: Gee leerders geleenthede om vrae te stel, bv. · Wanneer is u gebore? · Watter speletjies het u gespeel? · Watter winkels en sakeondernemings was daar in ons dorp? · Watter sportterreine was beskikbaar? Stap 4: Neem miskien die praatjie op band op sodat leerders in 'n latere stadium weer daarna kan luister. Informele Assessering Stap 5: Leerders lewer mondelinge bydraes tot 'n klas-"tabel" wat die ooreenkomste en verskille tussen destyds en nou illustreer. Hulpmiddels: Mondelinge onderhoude en herinnerings, dokumente, foto's. Integrasie: Tale, Aardrykskunde LET WEL: WEKE 21 tot 26 en WEKE 27 tot 30 kan omgeruil word, afhangende van die kernkennis wat die onderwyser vir die projek in WEEK 30 wil gebruik. "Vervoer" sowel as "Leiers" is goeie onderwerpe vir 'n projek ­ hetsy navorsing of 'n kreatiewe respons. As die assesseringstaak vir Aardrykskunde 'n navorsingswerkopdrag is, moet die projek vir Geskiedenis 'n kreatiewe respons wees, en omgekeerd. "Leiers" is 'n goeie navorsingsprojek, terwyl "Vervoer" 'n goeie projek vir 'n kreatiewe respons is. WEKE 21 en 22 Leer van leiers opalle gebiede van die lewe: Wat is die kenmerke van 'n groot leier? Metodologie Stap 1: Die klas hou 'n dinkskrum oor hul eie idees oor die kenmerke van 'n groot leier. Hulle kan voorbeelde in hulle skool as bron gebruik, byvoorbeeld prefekte, sportkapteins. Stap 2: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Wat is die kenmerke van 'n groot leier? Stap 3: Identifiseer leiers in Suid-Afrika waarvan hulle weet en bespreek / teken aan of hulle oor goeie leierskapskenmerke beskik. Stap 4: Gebruik bronne met inligting oor kenmerke wat met goeie leierskap geassosieer word. Stap 5: Verdeel die klas in groepe. Die groepe teken 'n breinkaart wat al die eienskappe van 'n groot leier illustreer. Stap 6: Groepe gee vir die klas terugvoering oor hulle menings. WEKE 23 tot 25 Leer van leiers opalle gebiede van die lewe: Verhale van leiers uit Suid-Afrika en reg oor die wêreld deur die tyd heen. Metodologie Stap 1: Die onderwyser versamel inligting oor 'n verskeidenheid leiers. Die leiers moet mense van oor die hele wêreld sowel as uit Suid-Afrika insluit. Stap 2: Gee as 'n inleiding 'n kort biografie oor elkeen van die leiers. Stap 3: Verdeel die klas in groepe van ongeveer vier leerders elk. Stap 4: Verduidelik weer die rol van elke lid van die groep, asook hoekom dit belangrik is dat hulle saamwerk. Informele Assessering: Stap 5: Gee vir die leerders leiding deur toepaslike vrae voor te berei om hulle te help om inligting te kies. Elke groep doen navorsing oor een leier en ontwerp dan 'n plakkaat, met beskrywings, om die lewe van daardie leier uit te beeld. Die plakkaat moet toon dat die leerders ondersoekvaardighede kon gebruik om die verlede en die hede te ondersoek. - 12 -

Stap 6: Die groepe kan ook die tydlyn van die leier se lewe teken. Die leerders moet sleutelgebeure kies en redes verstrek vir hulle keuse. Stap 7: Die groepe gebruik hulle plakkate en tydlyn om inligting oor die verskillende leiers aan die klas voor te lê. Stap 8: Wanneer al die leerders hulle plakkate voorgelê het, kan die klas die ooreenkomste en verskille tussen die leiers wat beskryf is, bespreek. Stap 9: Die leerders kan in hulle werkboek 'n paragraaf van minstens vyf sinne oor enige van die leiers skryf. Hulpmiddels: Verskillende handboeke, Internet, ens. Integrasie: Tale en Lewensoriëntering WEKE 26 ­ 29 Die geskiedenis van vervoer en reis deur die tyd heen: Land, see en lug Metodologie Gedurende hierdie afdeling van geskiedenis doen die onderwyser die volgende: · Voorsien bronne met inligting oor vervoer deur die eeue. · Help die leerders om die inligting aan te teken en te organiseer. · Stel vir die leerders vrae oor die bronne. · Kontroleer dat leerders hulle antwoorde kan oordra. · Werk met chronologie en tyd. · Identifiseer ooreenkomste en verskille. · Gee die leerders die geleentheid om hulle eie interpretasie te gebruik om die verlede voor te stel. Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Hoe en hoekom het vervoer met verloop van tyd verander? Stap 2: Die klas kan, as inleiding tot vervoer, al die tipes van vervoer waaraan hulle kan dink, opnoem. Stap 3: Versamel prente en kategoriseer hulle onder land, see en lug Stap 4: Fokus op vervoer oor land. Versamel prente van vervoer oor land deur die eeue heen. Stap 5: Kategoriseer die vervoer onder die hofies: Outyds en Modern Stap 6: Organiseer die ontwikkeling van vervoer oor land in chronologiese volgorde. Voorsien bron met prente en datums. Leerders sal inligting moet kies en dit vanaf die vroegste ontwikkeling tot die mees moderne ontwikkeling organiseer. Stap 7: Sluit die afdeling oor vervoer oor land af met 'n bespreking oor hoe en hoekom vervoer oor land met verloop van tyd moes verander. Stap 8: Fokus op skeepsvervoer. Volg stappe 4 tot 7 met verwysing na skeepsvervoer. Stap 9: Fokus op lugvervoer. Volg stappe 4 tot 7 met verwysing na lugvervoer. Stap 10: Die leerders kan die afdeling oor die geskiedenis en ontwikkeling van vervoer afsluit deur twee soorte vervoer, wat dalk deur die onderwyser gekies is, te vergelyk. Die leerders moet dit vergelyk en die ooreenkomste en verskille identifiseer. Stap 11: Die leerders gebruik dan die inligting uit Stap 10 om 'n paragraaf van vier tot vyf sinne te skryf. Stap 12: Die leerders moet die geleentheid kry om hulle interpretasie van die verlede uit te beeld. Dit kan in die vorm van 'n collage, plakkaat of kunswerk wees. WEEK 30 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5: Projek (Navorsingswerkopdrag OF Kreatiewe Respons) Indien die Aardrykskunde-projek 'n Kreatiewe Respons was, dan moet hierdie Geskiedenisprojek 'n Navorsingswerkopdrag wees, of omgekeerd. Hierdie formele assesseringstaak moet twee tot drie weke voor WEEK 30 uitgedeel word en onder toesig in die klas voltooi word om te verseker dat leerders hul eie werk doen, en ook om dit teen die einde van die kwartaal af te handel. - 13 -

Die projek moet assesseer of die leerder ondersoekvaardighede kan gebruik om die verlede en hede te ondersoek en of hulle sleutelinligting oor die verlede kan kies en redes vir hulle keuse kan verstrek. As die leerders 'n Kreatiewe Respons-projek voltooi, maak seker dat dit 'n leerervaring is, en nie net bloot 'n kreatiewe taak is nie. Gee vir die leerders riglyne ­ die projek moet 'n tydlyn kreatief kan toon en moet beskrywings insluit. Navorsingswerkopdrag: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Wanneer leerders 'n navorsingstaak voltooi, word daar van hulle verwag om die ondersoekproses te volg. · Ons werk met bronne (bewyse) (LU 1) · Stel 'n sleutelvraag · Identifiseer inligting · Beantwoord vrae · Dra die antwoord oor Stap 3: Die onderwyser moet 'n raamwerk vir die navorsing verskaf. Stipuleer wat gedek moet word, watter LU'e en AS'e gedek sal word, en watter vaardighede, kennis en waardes geassesseer sal word. Stap 4: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die navorsing behels, gee vir die leerders die assesseringsmatrks waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle. Stap 5: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Stap 6: Monitor die leerders se vordering deur moniteringsdatums vir verskillende stadia van die navorsingstaak te stel. OF Kreatiewe Respons: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Dit sluit die skepping van modelle, plakkate, collages en rolspel in. Stap 3: Die kreatiewe respons kan by 'n ander vorm van assessering, bv. brongebaseerd en navorsing, ingesluit word. Stap 4: Wanneer 'n plakkaat gemaak word, beteken dit dat inligting oor 'n spesifieke onderwerp op 'n logiese manier georganiseer moet word. Stap 5: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die plakkaat, model, kunswerk of collage behels, gee vir die leerders die assesseringsmatrks waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle. Stap 6: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bls. 35 ­ 47. WEKE 31 tot 36 Herkoms van belangrike Godsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Waar het die verskillende godsdienste ontstaan? Stap 2: Stel die leerders oor 'n tydperk van ses weke bekend aan die ses groot godsdienste wat in Suid-Afrika aangetref word: Tradisionele Afrika-godsdiens, Boeddhisme, Christendom, Hindoeïsme, Islam en Judaïsme. Stap 3: In hierdie afdeling van geskiedenis doen die onderwyser die volgende: · Voorsien bronne met inligting oor godsdienste. · Help die leerders om die inligting aan te teken en te organiseer. · Stel vir die leerders vrae oor die bronne. · Kontroleer dat leerders hulle antwoorde kan oordra. · Werk met oorsaak en gevolg ­ noem redes vir en verduidelik die gevolge van optrede. - 14 -

· Identifiseer ooreenkomste en verskille. · Bied die leerders die geleentheid om hulle eie interpretasie van die verlede te gee. Stap 4: Elke godsdiens word ondersoek aan die hand van die volgende kriteria: oorsprong, hoofoortuiging, belangrike voorwerpe, simbole, boeke, plekke, heilige dae en feeste. Stap 5: Nadat die leerders al die godsdienste nagevors het, kan hulle enige twee vergelyk en ooreenkomste en verskille aanteken. Stap 6: Leerders kan hulle kennis gebruik deur die godsdienste in 'n rolspel voor te stel. Groepe kan voorstellings oor 'n verskeidenheid godsdienste voorberei. Hierdie onderwerp dien as 'n inleiding tot demokrasie en respek vir verskillende godsdienste. Stap 7: Aangesien dit amper tyd is vir die eindeksamen, sluit studie-tegnieke by die take in: breinkaarte; beklemtoning van hoofidees, ens. Hulpmiddels: Handboeke, tydskrifte, koerante, boeke, ens. Integrasie: Lewensoriëntering en Tale

WEKE 37 en 38 Demokrasie en menseregte in die skool LET WEL: Jy kan aan die begin van die jaar oor klasreëls onderhandel en daarna terugverwys wanneer jy hierdie afdeling van die werk behandel. Metodologie Stap 1: Stel 'n sleutelvraag. SLEUTELVRAAG: Wat is demokrasie en hoekom moet ons mekaar respekteer? Stap 2: Stel die begrip van "demokrasie" bekend ­ koppel dit aan menseregte, ons grondwet en verkiesings. Stap 3: Gebruik bronne om die belangrikheid van 'n demokratiese samelewing te ondersoek en te bespreek. Stap 4: Lei 'n klasdebat oor hoekom die samelewing reëls benodig en hoekom dit belangrik is om alle rolspelers te betrek wanneer reëls vir die samelewing opgestel word. Stap 5: Bespreek die gedragskode vir die skool. Hoekom is dit nodig? Wie het dit opgestel? ens. Stap 6: Bespreek klasreëls: Hoekom is hulle nodig? Wie moet hulle opstel? Stap 7: Verdeel die klas in groepe. Vra die groepe om stel reëls vir hulle klas op te stel. Stap 8: Die groepe lê hulle klasreëls aan die klas voor. Stap 9: Die klas stem om te bepaal wat die algemene mening in die klas is oor watter die vyf belangrikste reëls is. WEEK 39 Demokrasie en menseregte in die gemeenskap Stap 1: Stel sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om menseregte en demokrasie in die gemeenskap te eerbiedig? Stap 2: Stel leerders bekend aan demokrasie in hulle dorp. Wie verteenwoordig hulle? Waar en hoe word hulle verteenwoordig? Stap 3: Bespreek die feit dat mense se menings oor wat vir die samelewing belangrik is, mag verskil. Dit is hoekom ons stem. 'n mens stem vir die kandidaat wat dieselfde of soortgelyke menings as jyself huldig. Stap 4: Skryf 'n paragraaf van vier tot vyf sinne oor hoekom demokrasie belangrik is. Integrasie:Lewensoriëntering en Tale

- 15 -

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6: Eksamen Die eksamen moet handel oor die werk wat gedurende die laaste 10 weke van die jaar gedek is. Dit moet uit 'n minimum van 40 punte tel. Gebruik 'n verskeidenheid vraagtegnieke: brongebaseerde vrae, basiese vrae soos "In watter jaar het ....?", vrae wat ooreenkomste en verskille beklemtoon, vrae oor oorsaak en gevolg, en hoër-ordevrae. Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die eksamen moet bestaan uit die volgende: · Kennisvrae oor onderwerpe wat gedurende die afgelope kwartaal gedek is. · Bronne moet in die eksamen ingesluit word, bv. geskrewe bronne, prente, foto's, kaarte, data. Kyk Weke 2 en 3. · 'n Uitgebreide skryfstuk bestaande uit minstens 10 sinne, gegrond op die bronne wat voorsien is. · Minimum puntetoekenning: 30 punte vir die bronwerk en 10 punte vir die uitgebreide skryfwerk. Stap 3: Onthou, die eksamen moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is. Stap 4: Sluit 'n verskeidenheid vrae in wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip insluit, en nie net vrae wat bloot op geheue berus nie. Stap 5: Gebruik kortvrae vir 'n maksimum van 40% van die eksamen, bv. noem, stel 'n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens. Stap 6: Vrae waarop die antwoord Waar/Onwaar is, vereis 'n verdere antwoord, bv. Gee 'n rede vir jou antwoord. Stap 7: Die pas van twee items in twee kolomme is nuttig om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordopsies as stimuli wees. Daar moet net 'n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word. Stap 8: Verwys na bronne om langer antwoorde te vra wat kognitiewe vaardighede toets, bv. takseer, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bls. 25 ­ 30.

- 16 -

Information

Microsoft Word - Graad 4 Geografie Opvoedersgids.doc

37 pages

Report File (DMCA)

Our content is added by our users. We aim to remove reported files within 1 working day. Please use this link to notify us:

Report this file as copyright or inappropriate

364399