Read Microsoft Word - Gebed _ 'n Bybelstudie.doc text version

Gebed ­ 'n Bybelstudie

KORT KOPIE

Met Gebed ­ 'n Bybelstudie bied Johan Smit 'n Skrifgefundeerde studie oor wat gebed is. Die 15 studies fokus op die hart ágter die bid-aksie, sodat stiltetyd kosbare ontmoetingstyd word saam met die Here. Dit is geskik vir persoonlike asook groepstudie.

OOR DIE OUTEUR

Johan Smit het al sowat 60 boeke oor 'n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare 'n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.

'n Skrifgefundeerde studie wat in 15 studies fokus op gebedsgemeenskap met God. Gebed is so 'n belangrike deel van ons verhouding met God. Tog is daar baie mense wat nie seker is hoe hulle moet bid nie. Met Gebed ­ 'n Bybelstudie bied Johan Smit 'n Skrifgefundeerde studie oor wat gebed is. In 15 studies ondersoek hy die kernelemente van gebed, soos lof en aanbidding, sondebelydenis en om jou behoeftes voor God te bring, en gee ook riglyne vir 'n inniger stiltetyd saam met God. Dit is losweg geskoei op die indeling van Gebed: 'n Omvattende gids, maar kan onafhanklik daarvan gebruik word. Gebed ­ 'n Bybelstudie is nie bedoel as 'n handleiding tot die perfekte gebed nie, maar fokus op die innige persoonlike verhouding tussen God en sy kind, sodat gebed 'n natuurlike voortvloeiing van hierdie verhouding is. Hierdie Bybelstudie sal elke leser help om te hoor wat God in sy Woord oor gebed sê sodat ons opgewonde raak oor die wonder van gebed, die wonder van gebedsgemeenskap met God. Die Bybelstudie kan vir persoonlike asook groepstudie gebruik word.

UNIEKE VERKOOPPUNTE

Bekende en gerespekteerde skrywer. Alle Skrifgedeeltes word in die boek aangehaal. Geskoei op die topverkoper-boek Gebed. Geskik vir individuele en groepstudie.

ANDER BOEKE DEUR DIE OUTEUR

God se veelkleurige genade (Bybelstudie) Wees stil en weet (Dagstukke) Gebed (Gebed) God roep jou (Dagstukke) Geloof wat lewe (Bybelstudie) 'n Pa uit een stuk (Christelike leefwyse/Mans) Klein handleiding vir die lewe (Inspirerend) Dawid, man na God se hart (Bybelstudie) Saam met Petrus op pad (Bybelstudie) Die vreugde van vergifnis (Christelike leefwyse)

__________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________

Publikasie: Kategorie: Teikenmark: Grootte: Bladsye: Omslag: ISBN: Prys:

Einde Desember 2008 Bybelstudie Algemeen 171 x 245 mm 276 Sagteband 978-1-77000-468-9 R119,95

Information

Microsoft Word - Gebed _ 'n Bybelstudie.doc

1 pages

Find more like this

Report File (DMCA)

Our content is added by our users. We aim to remove reported files within 1 working day. Please use this link to notify us:

Report this file as copyright or inappropriate

363202