Read 2011 WUDN 9.pub text version

Hoofstraat, Noorder-Paarl, 7646 Tel: (021) 872 4237 Faks: (021) 872 9372 Nasorg (021) 872 1290

Webtuiste: www.noordeind.co.za E-pos: [email protected]

WOORDE UIT DIE NOORDE

Brief Nr.9/2011 24 Junie 2011

Wilhelm Swart 7.1, het op Saterdag 21 Mei aan die Evergreen Ryskool se perdeskouspringkompetisie deelgeneem. As wenner in die 40 cm en 50 cm klasse, behou hy die 2 wisseltrofeë wat hy tydens Februarie se kompetisie ontvang het.

Die O/11A rugbyspelers is vanjaar baie bevoorreg aangesien hulle geborg is met die pragtige sportsakke deur Mnr.Stefan Basson. Elke seun wat `n sak ontvang het, het meer as 5 wedstryde al vir die O/11A span gespeel die jaar. Die sakke is in die saal deur Mnre. Verhoog en Basson aan die seuns oorhandig. Elke seun het met groot opgewondenheid sy kans afgewag om sy sak te ontvang, daarna van oor tot oor geglimlag en met trots die sak oor hul skouer gehang. Ons wil namens die O/11A rugby span vir Oom Stefan opreg bedank. Ons skool is bevoorreg om ouers soos Oom te hê. Ons gaan ons sakke met trots ronddra en ons bes probeer om die interskole te wen... 0/11 Afrigter: Mnr. Jacques Vos

14

1

Geagte Ouers Dit gaan rof in die Kaap! Die winterkoue het die Kaap getref en die Stormers wen! Jammer vir die Blou Bulle! So saam met die welkome reën, kruip daar egter ook so `n knaende kouerigheid in my hart, want ek weet êrens is daar mense wat aan die ongenaakbaarheid van dieselfde natuur oorgelaat is. Hoe kry ons mense om meer te gee as wat hulle wil hê? Om in plaas van hand uitsteek om te ontvang, hand uit die mou steek om iets te doen. `n Moeilike ene, ja. Miskien is die antwoord: Van kleins af? Daar is skole en individue wat prysenswaardige dinge doen, maar dit voel of die meeste mense net besig is om bymekaar te maak in plaas daarvan om weg te gee. Nie dat daar fundamenteel iets mee verkeerd is om vir jouself te sorg nie, maar om om te sien na ander wat minder as jy het, bly tog 'n kardinale verantwoordelikheid van elke mens. Kom ons leer ons kinders, en al die kinders aan ons sorg toevertrou, dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Dat dit nog beter is om jou hande vuil te maak as om net jou geld in die bussie te gooi. Dat dit die beste is om sonder iets klaar te kom omdat jy iets vir iemand anders gegee het wat dit nodiger as jy het. Baie dankie aan die onderwysers en ouers wat ook hier by Noord-Eind gee om die skool vir ons kinders 'n beter plek te maak. Dankie aan ons OOV wat hierdie kwartaal so hard gewerk het om te gee ­ die dans en die speletjiesaand, 'n heerlike ouer-onderwyser-kind-kuier-geleentheid, was 'n groot 2 sukses.

V.l.n.r. Brad Ephraim (derde plak), Anesca Nothling (tweede plek) en Janco Boshoff (Eerste plek). Baie geluk aan hierdie groep leerlinge wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het in die redenaarskompetisie gehou, Woensdagaand 22 Junie. Dankie ook aan elke leerling wat deelgeneem het. Die kompetisie was sterk en julle het jul uitstekend van jul taak gekwyt! Koördineerder: Juf. Susan Groenewald

KARIEN SCHOEMAN SPEELTERAPEUT / PLAY THERAPIST

Speelterapie bied hulp en ondersteuning vir die volgende stresareas:

Egskeiding Post-traumatiese stres Angs / Vrese Depressie Impulsiwiteit Sosiale onttrekking Verhuising Huishoudelike geweld Skeidingsangs ADD / ADHD Lae/swak selfbeeld Dood / Verlies Hospitalisasie ­ self/geliefdes Fisiese, seksuele en verbale mishandeling

13

LET WEL: Ook volwasse terapie rakende egskeidings, trauma ens. Cummingsstraat 18 WELLINGTON 7655 Tel: 021 873 3178 E-pos: [email protected] Terapeutiese- en Beradingsdienste Wellington

Heerlike gedroogte mango vanaf Clainwilliam te koop. U kan u bestellings na Juf. Jeannette van den Heever SMS of bel. Dit sal by Noord-Eind se kantoor afgelewer word en aan u besorg word teen die 10de Junie. 1kg pakke teen R60/kg 5kg pakke teen R300/pak Daar is ook 'n gemengde mango-, appel­ en peerrol wat in wielle gesny is teen R7.50 per rol van 200g 082 941 5983 / 027 482 2855

Die wat op vakansie gaan, geniet dit en die wat op vakansie is lekker rus! Vriendelike groete André Verhoog Skoolhoof

Kid's Clay Vakansie Pret!

Wanneer: 27 Junie ­ 1 Julie (die eerste week van die vakansie) Waar: Noord-Eind Laerskool Nasorg Tyd: Tye sal bevestig word sodra groepe ingedeel is Koste: R200 per leerling (25% afslag vir addisionele kinders in die gesin en leerlinge wat reeds aan Kid's Clay deelneem) Wat sluit dit in? Een groepprojek, 4 individuele projekte Alle materiaal Een en `n half uur les per dag in klein groepies Ligte verversing elke dag en partytjie die laaste dag Kontak my gerus vir meer inligting of om u kind se plek te bespreek. Sluitingsdatum vir inskrywing: 17 Junie Yolandi ­ 082 359 7691 of [email protected]

LIFE BEFORE THE COMPUTER Memory was something that you lost with age An application was for employment A program was a TV show A cursor used profanity A keyboard was a piano A web was a spider's home A virus was the flu A CD was a bank account A hard drive was a long trip on the road A mouse pad was where a mouse lived

INGRID VAN DER MERWE

Fisioterapeut & Pilates instrukteur Rugpyn Nekpyn Hoofpyn Sinusitis Sportbeserings Pediiatrie

DU LOT STRAAT 35 021 872 5669 NOORDER-PAARL 082 928 9807 E­ pos: [email protected]

ouers van Quinne en Chloë, vir die groot skenking van R5 000 vir `n lugreëlaar vir die rekenaarlokaal. Dit word baie waardeer.

Noord-Eind wens die volgende leerlinge sterkte toe:

Noord-Eind bedank Pieter en Tracey Ludick,

Stefan Gouws, graad 3, en Johané Louw, graad 2.1. Stefan

het 4de gekom by die Wes Kaap gimnastiek kompetisie die vorige naweek. Johané verteenwoordig die Boland Women's Artistic Gymnastics-span. Beide gaan 23 en 24 Junie aan die SAGF South Zone Challenge deelneem in Oudtshoorn.

Laerskool Noord-Eind wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ons innige simpatie uit te spreek teenoor families wat in die afgelope tyd geliefdes aan die dood afgestaan het.

12 3

Weereens `n reuse sukses!

Die koue en reën het beslis nie die kinders afgesit nie. Gisteraand se speletjiesaand is baie goed ondersteun. Dit was `n fees om die kinders se gees van opgewondenheid vooraf te beleef. Tot die kleinste outjie kon besluit aan watter van die lekker speletjies hy wou deelneem. Alles het lekker gelyk. Soms was dit moeilik om te kies - dalk skyfskiet of dalk die spookhuis? BAIE, BAIE DANKIE aan alle ouers wat so mildelik donasies en geskenkpakkies aangedra het skool toe!! Dankie ook aan elke entoesiastiese ouer wat by al die speletjiepunte gewerk het. Sonder ons wonderlike ouers sou ons definitief nie hierdie aand kon reel nie.

100% noor @

No o r

d- Ei n d

OOV Sp e l e t j i e s aan d

d- e i n d

Juf. Leana Mouton

Foto's van die koorfees waaraan Noord-Eind deelgeneem het by Hoër Seunsskool, is beskikbaar by www.formaphoto.co.za onder "HS Bois Kultuuraand 12 Mei 2011". Skakel gerus 021 8511015 vir meer besonderhede.

Dit is Barnyard tyd met ROUGH DIAMONDS & DIVAS!

Joe Cocker , Neil Diamond , Tina Tuner , Bonnie Tyler, Bruce Springsteen, Bon Jovi , Rod Stewart , Cher , Kenny Rogers , James Brown , Tom Jones and a few SURPRISES!

Begin jou nuwe rugbyseisoen sterker en fikser en vaardiger!

Die Stellenbosch Rugbyakademie se Winter-kliniek vir individuele spelers en spanne (0/6--0/13) vind weer plaas vanaf 13--15 Julie (09:00--13:00). Die doel van die kliniek is die vaslegging van spesifieke vaardighede volgens die Development through Skills (DTS) program, Fiksheids-toetse (met uitslae), geestelike vaardighede en Tag-rugby. Spelers/spanne oefen in verskillende ouderdomsgroepe o.l.v. gekwalifiseerde afrigters. Ons gaan ook vra dat "Bokkie" kom kuier! Die kliniek kos R350, wat `n hemp/pet en medalje/ sertifikaat insluit. Vooraf besprekings is noodsaaklik.

Datum: Tyd: Plek: Koste:

2 September 2011 20h00 Barnyard Theatre - Willowbridge R120 per persoon

Eetgoed mag ingeneem word, maar alle drinkgoed moet by die Barnyard gekoop word--koeldrank, sap en water ingesluit. (Hulle het ook 'n pizza plek waar jy vooraf bestellings kan plaas) Kontant Kroeg beskikbaar. Dit is 'n Fondsinsameling van die OOV - Help ons asb om so gou as moontlik die kaartjies te verkoop! Daar kan 10 persone aan 'n tafel sit! Enige navrae kontak Lizelle by 084 206 4322 - Gr.R Verteenwordiger 11

Kontak 021 8877432 of [email protected]

4

SERVETTE Baie mooi 2ply servette 20 in pakkie vir R15-00 Voorraad beskikbaar Epos of skakel my by 0849190850 [email protected]

REKENAARS

Uitstekende pryse en diens Allan Rooza 083 515 0369 [email protected]

NOORD-SENTRAAL R 1545 000 O.N.A Gerieflike 4 slaapk, 2 badkamer, ooplan leef/sit/ kombuis. Privaat binnehof met braai en swembad. Dubbel motorhuis asook eie ingang woonstel. Pragtige huis in stil omgewing. NOORDER PAARL R 1080 000 Waarde in hierdie huis met 3 slaapkamer, vol badkamer en nuwe kombuis. Ruim leefarea asook Buite braai lapa en blink swembad. Nuut in mark en pragtig. Tertius de Villiers 082 660 3867

EIENDOMME * PROPERTIES PRIVATE SELLER

PAARL * WELLINGTON Hoofstraat 294 * PAARL * 7646 Tel: (021) 872 8600 Faks: (021) 872 8602 E-Pos: [email protected]

Radiokansel het `n tydelike lisensie gekry om weer in die Weskaap uit

te saai net vir n maand-- 2 Junie tot 2 Julie.

Die uitsendings is op AM 729 (dis die ou Mediumgolf.) Dis regtig opbouend. Dit word 24 uur daagliks uitgesaai in Afrikaans, Engels en ook ander tale. Die uitsendings word vanaf Klipheuwel gedoen. Hulle wil graag hê die mense wat daarna luister, moet `n SMS stuur na 37871 Die SMS moet in die volgende orde wees: Kaap. Jou naam. Dorp. Dan net in n paar woorde wat dit vir jou beteken om na Radiokansel te luister. Stuur na 37871

Crafty Kids-vakansieprogram is by Noorder-Paarl Cherckers opgesit. Lesse in vakansie is van 10h00 tot 12h00 soggens teen R45 / les.

Shelen Wilken bied Crafty kids in Noorder-Paarl aan. Kontak: 083 412 3391

Kitaarlesse by Allan Pietersen Leer rock, klassieke kitaar of jazz speel. 072 715 3636 Dromlesse by Dean Spangenberg 072 522 9784 Leer drom speel, jazz, rock of funk.

10 5

Uittreksel uit `n graad 2-leerling se skryfwerk :

Ek braai graag beus vlys dang eet ek tit.

Duidelik `n eg-Suid-Afrikaanse Burger! Een van ons werkers by Noord-Eind, Margaretha Jassen (Muis) wat by ons Preprimêre klasse werksaam is, is dringend op soek na 'n wasmasjien. Indien u bereid is om `n wasmasjien aan haar te skenk, kontak haar gerus by die skool.

6

9

8

7

Information

2011 WUDN 9.pub

7 pages

Find more like this

Report File (DMCA)

Our content is added by our users. We aim to remove reported files within 1 working day. Please use this link to notify us:

Report this file as copyright or inappropriate

856246


You might also be interested in

BETA
2011 WUDN 9.pub