Read RenosterGeskiedenis_fin.pdf text version

Suid-Afrikaners maak geskiedenis met tegnologie teen Renoster-stropery

Woensdag 21 Jullie 2010 was 'n bepalende dag in die geskiedenis van die bewaring van renosters. Dit was die dag waarop daar vir die eerste keer aktiewe GPS RF tags in renosters ingeplant is. Tramirloc Systems, in samewerking met Noordwes Parkeraad, het hierdie GPS RF tags by Mafikeng wildpark in vier renosters se horings ingeplant. Die eerste vier tags is gebruik om toetse te doen en seker te maak dat tegnologie wat die afgelope paar jaar deur Tramirloc Systems ontwikkel is, ook in renosters aangewend kan word om stropery te voorkom. Vir die daaropvolgende twee maande is verskeie toetse met groot welslae gedoen. Daar is onder andere alarm situasies gesimuleer en die stelsel het sy toets 100% geslaag. Die ProTagTorTM stelsel kan selfs vir die eienaars aandui wanneer renosters paar en ook watter bul en koei in paring is. Op Saterdag 18 September is die toets tags vervang en is die renosters met die ProTagTorTM GPS tags gemerk. Die ProTagTorTM tegnologie maak dit fisies moontlik om elke minuut van die dag te weet wat met 'n renoster gebeur. Indien daar moeilikheid is weet die eienaar dan ook presies waar die renoster is. 'n ProTagTorTM GPS tag word in die renoster se horing ingeplant waarmee die renoster dan 24 uur van die dag 7 dae van die week gemonitor kan word. Die stelsel werk as volg: · die GPS tag stuur elke 60 sekondes data na die herleistasies · hierdie data sluit die bewegingspatroon van die renoster in die voorafgaande 60 sekondes in · die stelsel verwerk hierdie data en leer letterlik die bewegingspatrone van elke gemerkte renoster aan.

· wanneer daar dan 'n afwyking vanaf hierdie bewegingspatroon is, sal die stelsel alarm maak · die alarm is 'n SMS-boodskap na vooraf-geprogrammeerde selfone (ontvangers) · die SMS gee dan die volgende inligting deur: 1. die spesifieke dier se ID 2. watter tipe alarm dit is (hoë aktiwiteit, grens alarm, geen aktiwiteit) 3. die presiese GPS koördinate van die betrokke dier ·

·

'n hoë aktiwiteit alarm sal beteken dat die dier in nood is. 'n grens alarm sal ontvang word wanneer die dier buite voorafbepaalde grense beweeg (tipies sal dit die park se grense of kampgrense wees)

·

geen aktiwiteit alarms sal aandui dat die dier langer stil lê as wat normaal vir renosters is

Die posisie van die renosters kan ook op 'n 'GoogleTM agtergrond kaart' gesien word op die ProTagTorTM webwerf. Toegang tot hierdie webwerf is beveilig en kan slegs deur goedgekeurde gebruikers gebruik word.

Die battery leeftyd van die tag in die horing is tussen twee en drie jaar waarna die tag se battery vervang word met 'n nuwe battery. Die ProTagTorTM stelsel vorm sy eie radio netwerk en daar hoef dus geen selfoon ontvangs te wees waar die tag / renoster is nie. Hierdie radio netwerk bestaan uit 'n aantal herleistasies wat die seine/data aanstuur na die stelsel. Die herleistasies is almal peuter bestand en het ook hul eie unieke alarms indien daaraan gepeuter word of indien 'n stasie nie elke 60 sekondes sy data aanstuur nie. Die ProTagTor tegnologie is ontwikkel om as 'n vroeë waarskuwingstelsel te dien wat dit vir renoster-eienaars sal moontlik maak om te voorkom dat hul renosters se horings gestroop word. By die Mafikeng wildpark het die toetse gewys dat die park-bestuurder binne vyf minute op die toneel kan wees waar 'n renoster versteur word.

Information

3 pages

Report File (DMCA)

Our content is added by our users. We aim to remove reported files within 1 working day. Please use this link to notify us:

Report this file as copyright or inappropriate

450169