Read Elixir_Dec08.pdf text version

What am I living for?

Christmas time is a time of celebration for most people. It is a time for reflection, asking the question what were the highs and lows of the past year? What could I have done differently? Do I have regrets? Was the year worthwhile? Have I made a difference to someone else's life? Men tend to loose part of their identity when they retire. When you ask a man who he is he would usually reply in terms of the title of his job e.g. I am a teacher, a plumber, etc. The major question is who am I when I retire. Why do I wake up in the morning? Victor Frankl, an Austrian psychiatrist, was a prisoner in a Nazi concentration camp. Whilst he was stripped of his dignity he asked himself why he was still alive. After the war he wrote a book "Man's search for meaning". It is always easier to find meaning in life if the going is good, but how do you find meaning when you are struggling to keep alive? He starts of by asking: Do you love someone and does someone love you? This may be anyone, a spouse, a child, a relative, a friend.

Acacia Park ......... p3 Jakaranda Park..... p7 Outspan.............. p8 Panorama Palms.... p10 Fichardtpark........ P14 Witfield Park........ p15

p6

Secondly he asks what have you done to make a difference in someone else's life? It may have been a word of encouragement, a smile, a deed or just acknowledging the existence of another person. Thirdly, if you have experienced a blow in your life, were you able to get up and face the world again? Some people tend to stay down and others rise far above the negative incident in their lives. Some people really utilize the negative by gaining from the experience and ploughing the experience back by assisting others who do have similar problems. As Christians we add our belief in Jesus Christ as our saviour. We know whom we are in Christ. We are conquerors and because of His crucifixion and rising from death we have eternal life. Think about the points raised. What are you living for? May you have a blessed Christmas and a prosperous 2009.

p12

p14

JOHN WILKINSON

1

Hoekom leef ek?

Kersfees is vir die meeste mense tyd om fees te vier. Dit is ook tyd om terug te kyk en te vra wat die hoogtepunte en laagtepunte was gedurende die afgelope jaar. Wat kon ek anders gedoen het? Is ek spyt oor iets? Was die jaar die moeite werd? Het ek verskil gemaak aan iemand anders se lewe? Mans is geneig om gedeelte van hulle identiteit te verloor wanneer hulle aftree. Wanneer mens man sou vra wie hy is sal hy gewoonlik antwoord in terme van sy beroep bv. ek is onderwyser, loodgieter, ens. Die groot vraag is wie is ek wanneer ek aftree. Hoekom word ek soggens wakker? Victor Frankl, Oostenrykse psigiater was gevangene in Nazi konsentrasiekamp. Terwyl hy gestroop was van sy menswaardigheid het hy homself afgevra waarom hy nog leef. Na die oorlog skryf hy boek "Man's search for meaning". Dit is altyd makliker om sin in jou bestaan te vind as dit goed gaan, maar hoe vind jy sin as jy altyd moet veg om te oorleef? Hy begin deur te vra: Het jy iemand lief en het iemand jou lief? Dit kan enige iemand wees, jou huweliksmaat, kind, familielid, vriend. Tweedens vra hy wat het jy gedoen om verskil te maak in iemand anders se lewe? Dit kon woord van bemoediging wees, glimlag, daad of net die erkenning van die bestaan van ander persoon. Derdens, indien jy harde hou in die lewe gekry het, was jy in staat om op te staan en weer die wêreld in die oë te kyk? Party mense is geneig om te bly lê en ander styg ver uit bokant die negatiewe insident in hulle lewens. Party mense gebruik werklik die negatiewe en leer uit die ervaring en ploeg dan die kennis terug deur ander by te staan met soortgelyke ervarings. As Christene voeg ons nog ons geloof in Jesus Christus as ons verlosser by. Ons is oorwinnaars en as gevolg van Sy kruisiging en opstanding uit die dood verkry ons die ewige lewe. Dink bietjie oor bogenoemde. Hoekom leef ek? Mag u geseënde Kersfees en voorspoedige 2009 hê.

JOHN WILKINSON

Christmas waves a magic wand over this world, and behold, everything is softer and more beautiful.

Norman Vincent Peale

2

ACACIA PARK Verwelkoming van nuwe Bestuurder:

Die verwelkoming van ons nuwe bestuurder, Ansie Kirsten, was `n hoogtepunt. Die verhoog is versier met `n kruiwavrag vetplante uit ons tuin en veld, wat met hul dorings en blommetjies dít verteenwoordig wat Ansie se werk en sukses hier by ons sal behels: Om alles (die personeel en die inwoners) bo te hou en aan die beweeg te hou by Acaciapark. Psalm 8, voorgelees uit die Griekwa-psalms, saamgestel deur Hans du Plessis, het ons mense en die Noordkaap-wêreld opgesom: "Jirre, dasie `n land so ver of woes geleë sos diè sandland wat U nou vir my gjee, want self in hierie droë annerlikheid groei die gemsbokkomkommers van U se heerlikeit" Gedurende die teedrinkery het `n dosent van die plaaslike musiek-akademie die gaste vermaak met klarinet-spel. Van Ansie se kant af gesien, was haar aankoms aanvanklik vreemd: Vandat sy en haar gesin by Acaciapark se veiligheidshekke ingedraai het, het `n bakkie reg agter hulle voertuig begin toeterblaas! Drie maande later weet Ansie dat dit die groente-vrou was wat elke Vrydagoggend die mense sò in kennis stel dat sy ge-arriveer het met haar groente! Ons wens Ansie en haar gesin, wat eers teen die einde van die jaar permanent by haar aansluit, `n geseënde tyd by Acacia toe. Mag sy haar drome vervul in die bestuur van ons mooi oord.

3

ACACIA PARK Die troue van die Jaar:

Wat sê jy tog nou daar? Die troue by Acacia van die jaarDaar was toe weer eenmaal `n wewenaar En ai tog, so eensaam, dis alte waar Maar wees verseker o wee Oor sy pad kom rooiwang weduweeSy is so hulpvaardig en vriendelik Kry die wewenaar, ai, so vreeslik seer aan sy hand Dit bloei en nou soek hy `n verband Siestog Dirk, dis so seer, ek is so jammer Laat ons die bloed keer Kom ek sit gou-gou `n pleister daarop neer Ingenome Dirk "Dankie, ek wil jou nie vermoei Toemaar, dis nie so erg nie, dit sal nou-nou ophou bloei" Maar haar hartjie klop vinnig sommer"Nee Dirk, ek sal my bekommer" So is hy elke dag daar tot die seerplek mooi bedaar. Dink Dirk "Nou's ek verlore en verlief op haar" Dink Babsie "Ek kom nie meer sonder hom klaar!" Soos dit hoort, gons dit in die Oord Die koeël is deur die kerk Almal het dit opgemerk Nou pryk aan haar vingertjie `n Pragtige ou diamante-ringetjie Nou almal aan die werk Ruikers blomme vir die kerk Blinkoog sê Babsie "Met die man met die mooi stem gaan ek trou" Die Ja-woord is uit en daar's geen berouGou was dan die dag daar Die troue van Acacia se jaar Dirk en Babsie: Ons wens julle net die beste toe ou maat Maar ai tog, waaroor sal die Oord nóu praat?

4

ACACIA PARK Speledag by Acaciapark

Om die inwoners van die hoofgebou, woonstelle en villa's, die versorgers, kliniekpersoneel, die skoonmakers, kombuispersoneel, sowel as administratiewe personeel te kry om saam deel te neem aan `n geesbou-geleentheid......dit was die opdrag! `n Uitnodiging is toe aan die deelnemers van 7 verskillende aktiwiteite wat weekliks by Acacia aangebied word, gerig om die personeel en ander inwoners touwys te maak in wat hulle doen. Elke inwoner en personeellid kon kies aan watter drie aktiwiteite hy deur die loop van die oggend wou deelneem. Die foto's toon met watter toewyding personeel geleer het hoe om te brei; hoe instandhoudingsmanne aan `n blok-woord-raaisel werk; hoe Bingo gespeel word; hoe versorgers jukskei speel; watter personeel met selfvertroue aan `n Bybelvasvra kan deelneem; wat die uitdaging is om vingerbord te speel en wie `n poolstok kan hanteer. `n Paar veterane moes toegee dat sommige oningewydes hulle lelik laat les opsê en stywe kompetisie gebied het, maar almal was dit eens dat hierdie `n heerlike oggend was waar almal mekaar beter leer ken het.

SAMEVLOEIING VAN DIE VAAL- EN ORANJE-RIVIERE

`n Busvrag vol entoesiastiese inwoners van Acaciapark het onlangs die voorreg gehad om as gaste van mnr. Vertue `n dag-uitstappie na die samevloeiing van die Oranje- en Vaalrivier mee te maak. Op pad daarheen is daar gestop om te kyk na die gletservloere waarop die skuifmerke van reuse ysberge ongelooflik ingegrafeer is in die harde klipformasies naby Douglas in die Noordkaap. Die groep het ontbytbroodjies daar geniet. Die paar boere in die bus kon haarfyn verduidelik hoe die waterkanale naby Douglas jare gelede uit die Oranjerivier aangelê is om die probleem van mynbesoedeling in die besproeiingswater van die Vaalrivier te bekamp. Die wynproeëry by die kelder het gesorg vir `n paar komiese oomblikke: Nie almal het waardering gehad vir die besondere "neus" en smaak van die goeie wyne nie! En om dit wat lekker is, darem te moet uitgooi vir die volgende proe-slag......net om rytyd agter te kom dat die Quantum nie heeltemal genoeg pakplek het vir `n voorraadjie nie! Ná `n heerlike ete by Die Pont op die oewer van die Vaalrivier, het die groep tussen die koringlande deur teruggery. Vrae oor die werking van die groot sprinkelsproeiiers is deur die boere in die bus met voorbeelde langs die pad beantwoord. Moeg terug by ons Oord, maar....wat `n heerlike dag om by die Acaciapark-herinneringe te voeg!

5

ACACIA PARK Verswaktes by die "Lilypond"

Mnr. Cecil Vertue het `n staande uitnodiging aan die Sorgafdeling om op Dinsdag-oggende 35 verswakte inwoners met tee by die "Lilypond" te onthaal. Dit is `n heerlike vooruitsig vir die inwoners om op mooiweersdae uitgestoot te word tot in die veld om langs die leliedam tee te drink. Dit is voorwaar `n pragtige gebaar wat deur almal waardeer word. Sommige van die verswaktes kon vroeër jare self daar rondstap en het die mak meerkatte geken en gevoer. Die "Lilypond" is werklik `n unieke bate vir Acaciapark waar inwoners teen sononder ook `n skemerkelkie kan geniet.

Badkamers in aanbou by Acaciapark

Soos op die fotos gesien kan word, is daar tans grootskaalse opgraderings aan die gang by Acaciapark Aftree-oord. Die aanbou van privaatbadkamers by elke kamer in Protea-gang is nou afgehandel. Protea-gang in die hoofgebou huisves tans 14 gesonde bejaardes, maar sal ná die bouwerk 19 persone kan akkommodeer. Daar sal ook voorsiening gemaak word vir onafhanklike rolstoel-gebruikers wat `n privaat-badkamer verlang. Hierdie gang se inwoners het die gerusstelling dat daar 24-uur per dag versorgingshulp naby is, aangesien volle versorging gebied word in die drie aangrensende gange waar die kliniek beman word deur `n verpleegsuster en/of stafverpleegster. Ander inwoners het die vooruitsig dat die gange waar afhanklike seniors versorg word, met verloop van tyd ook opgradeer sal word tot eenhede met privaatgeriewe. Acaciapark se inwoners en personeel is opgewonde oor die verwesenliking van hierdie langverwagte luukse.

6

JAKARANDA PARK Christmas Dinner at Jakaranda Park

21 November 2008

I can only say one word: WOW! Here at Jakaranda Park they really know how to do things, taking no short cuts. The week before the Christmas Dinner, they were like `worker bees gathering honey'. (I think that is the best way to describe the House Committee in the kitchen). But all the work paid off. What a lovely evening. When I arrived, the tables were set to perfection and in the background; the sound of piano music was playing. Everyone was in a jolly mood; the Christmas Spirit

was definitely at Jakaranda Park that night. The evening started out with a few speeches. Aunty Hyla Synman opened the evening with a few words and then asked Marna Maré (Jakaranda Parks Lifestyle Manager) to say a few words and lastly Dominee André Van Den Berg, read out of the Bible and closed in a prayer.

The evening got to a good start. After the starters, dinner was served. What a spread! There were two types of meat: Roast Beef and Leg of Lamb and four salads: Carrot-, Greek-, Potato- and Bean Salad and rolls too. And lastly; a lovely Baked Brown Pudding served with Custard to end of a perfect evening. Then the surprise of the evening, a beautifully made up jar filled with cookies were given to all the guests. What a lovely gesture!!!

You could see the evening had come to an end; one by one the residents and guests were leaving, to go back to their flats and homes. Thank you to John Wilkinson and his wife and Ella and her son, for attending our Christmas Dinner at Jakaranda Park, it made the House Committee's day to have you all with us.

7

OUTSPAN Spring Day

The 1st September was a glorious day and marked the first day of spring. The sun shone brightly with a clear blue sky across the horizon. It was the perfect day for us to arrange a lunch in the garden to celebrate the coming of a new season. Hannelie, our receptionist, made hats for all the frail residents. Residents enjoyed a delicious spring lunch that was prepared by Feedem, whilst children from Glenwood Primary School entertained them with singing and dancing. We also held a best-dressed competition for both males and females as well as the most creative hat competition, to make the event a little more interesting. Winners received prizes for their effort. The day was a success as all residents had a jolly good time.

Mama Mia at Sun Coast Casino

In September we decided to be a little more adventurous by arranging a trip to the Sun Coast Casino Theatre, to watch the movie `Mama Mia'. Seven residents took up the challenge and on the 16th September we loaded the bus and off we went to the movies. It was quite an experience for our residents as many of them have not been to the movies for a very long time. While they sat around waiting for the movie to start, reminiscence stories of childhood experiences at movie theatres started to flow. The movie was excellent; it was a mixture of humour, passion and drama. Everyone enjoyed it so much that they requested for another trip to the movies. In October, we arranged a second trip to the Theatre to watch the movie Hansie Cronje. Twice a month Residents get the opportunity to watch movies on a big screen shown at the Outspan Centre and its fast becoming very popular activity amongst our residents.

8

OUTSPAN 1500 piece puzzle!

Mrs Sanders, Mrs McCrea and Mrs Hollis recently worked together to complete a 1500 piece puzzle in a week.

Knitting Blankets

Residents spent the latter part of the year knitting blankets, teddy bears and clothing for the orphans and street children. Outspan will also be assisting in arranging Christmas parties for two very special Childrens' Homes in December; ST Tomas and Isaiah 54. During the winter season we donated 64 new winter blankets and second hand clothing to the homes. Apart from the Childrens' homes we also have been reaching out to under privileged Retirement centres by donating second hand clothing and inviting them to attend bingo games at our centre.

9

PANORAMA PALMS Vrouedag verrigtinge

(Vrydag 8 Augustus 2008 ipv die 9de) Ons wou vir `n verandering die hele oord se dames bederf met Vrouedag. Die uitgewers van Rooi Rose was dierbaar om aan elke inwoner in die Palms asook die hele Panorama Palms en Geratec personeel van `n Rooi Rose tydskrif te voorsien. Baie dankie vir al die hande wat gehelp het om die spesiale kaartjie op die tydskrif aan te bring asook elkeen wat gehelp het om die tydskrif by sy tuiste af te lewer. Die inwoners was baie verbaas en ontsettend geraak deur die gebaar en het te kenne gegee dat hul werklik soos dames gevoel het. Daar het soveel briefies van bedankings ingestroom. Daar was ook `n Vroue uitstappie gereël vir ontbyt by Cafe Bellarosa. Inwoners is getrakteer op `n wye keuse van ontbyt. Die inwoners in C1 en C2 het handmasserings ontvang en was baie bly oor die pamperlang. By die Biblioteek het elke dame `n boekmerk ontvang met die biblioteektye op en `n paar pittige segoed. Die belangrikheid van als was dat die dames van die Palms herinner word hoe spesiaal hul vir ons is.

Pannekoek & Boeremusiek

Ons het `n spesiale Pannekoekdag gehad in die Versorgingsafdeling se eetkamer. Inwoners is uitgenooi tydens die inwonersvergadering om handjie by te sit, waar inwoners vir mede inwoners pannekoeke kon bak binne die Versorgingsafdeling se eetkamer. Vroegoggend het die geur van pannekoek in die gange afgekom. Opgewonde inwoners het reeds sit en wag in hul sitkamer om die pannekoeke te kom eet. Die pannekoeke se geur was belangrik om ook sommer ou, goeie herinneringe te wek. Die gesonde en versorgingsinwoners het die eenvoudige maar kragtige byeenkoms so geniet. Personeel het gehelp dat ons ook pannekoeke by die inwoners wat in hul kamers is kon bedien. Die volgende verrassing was natuurlik dat die Kaapse Ou Toppies net na die pannekoek etery vir hul vermaak het op die lekkerste Golden Oldies. Ons het weer heerlik gelangarm, gelag en gesing. Dit was voorwaar weer een van daardie geleenthede wat jou hoendervleis gegee het, om te sien hoe hierdie inwoners dit geniet en die voorreg van ons gesonde inwoners om ook `n verskil te kan maak.

10

PANORAMA PALMS Delmar Lentetee vieringe

1 September 2008

Delmar sentrum (van Woolworths, die bloemiste winkel, tuisbedryf, apteek, restaurante, eiendomsagente, Annique winkel, biltongwinkel, die drankwinkel), hul almal, het saamgespan om aan 50 inwoners die geleentheid te gee om heerlik bederf te word by die Ritchies restaurant in Delmar sentrum. Die inwoners is getrakteer op die heerlikste koeke, en bodemlose koppies koffie en tee. Die een Thai restaurant het die heerlikste vegetariese "springrolls" voorsien. Toe hul sien dat die een spesifieke omie dit so geniet het, het die platters net begin inrol. Ek weet nie of jul al `n Oprah program gekyk het waar die besoekers al hierdie wonderlike geskenke ontvang het en almal so opgewonde is nie. Dit het werklik so gevoel daar in die restaurant. Die inwoners het elkeen `n geskenkpak van die apteek gekry, elkeen het `n keurig verpakte geskenkie van Annique ontvang, biltong pakkies van die biltongwinkel, daar was pryse te wen van die drankwinkel, `n sleutelhouer van die eiendomsagent, ruikers vir die twee oudste dames en kolwyntjies vir die oudste manspersoon en elkeen het `n roos ontvang met `n spesiale kaartjie. Mrs Forrest het `n R200 Woolworths geskenkbewys ontvang en vir haar het dit gevoel asof dit R3000 is. Die ongelooflikste van alles was dat die inwoners wat die oggend bygewoon het, was merendeels inwoners vanuit die B blok wat amper nooit met uitstappie gaan nie, ook inwoners van ons Versorgingsafdeling asook van ons goue staatmakers wat altyd goed doen vir ander in die oord.Na afloop van die tee het van die inwoners hul lywe beoordelaars gehou en moes hulle kies wie is die beste geklee vir Lentedag in die sentrum. Almal was dit eens dit was werklik `n wonderlike en onverwagse bederf van `n klomp spesiale mense van Delmar sentrum.'n Grote dank aan hul.

Versorgingsafdeling se Lente Pret

4 September 2008

Magda Botha(Pick n Pay), Mev Van Coller, Mev Van der Merwe en Annemarie Heydenrych

Mev Van Zyl en die Pick n Pay dames.

Die seëninge stop nie daar nie. Pick n Pay van die Plattekloof omgewing het besluit dat hul graag die Versorgingsafdeling se inwoners wil bederf. Daar is vir elke inwoner in C1 en C2 `n ruiker gebring wat persoonlik aan elkeen oorhandig is. Ek wens jul kon van die inwoners se stralende gesigte gesien het as die groepie hul kamer betree en met hul gesels en die ruiker gee. Die dankies was so oorvloedig dat van die Pick n Pay dames nie kon help om tranerig te raak nie. Daar is ook muffins voorsien dat die inwoners dit met tee tyd later kon geniet. Van ons bedleënde inwoners, wat ruikers ontvang het, het ons die ruiker so geplaas dat hul dit sien en het ons ook daar vertoef en mooi Lentewense uitgespreek. Ek weet dat Pick n Pay werklik `n groot verskil hier gemaak het in die lewens van ons inwoners, om Lente, die tyd van nuwe begin en beloftes van mooi dinge wat kom en hoop, vir hul op die tasbare wyse kon bied.

11

PANORAMA PALMS Lentetee van die oord

5 September 2008

Die Lentetee is werklik een van die grootste hoogtepunte op die Palm inwoner se almanak. Die Lenteklere word met sorg gekies. Die ry is ongelooflik lank wanneer die bespreking open, so by so dat ons dit hierdie jaar in ons voorste groot sitkamer georganiseer het dat die ry van inwoners ten minste kan sit. Maar die wag vir `n kaartjie was absoluut die moeite werd. Die saal was versier in verskillende skakerings van pienk, wit en swart. Mnr Daan van der Westhuizen, `n bestuurkomiteelid en inwoner, het sy kontakte benut by Butterfly World en ons het die pragtigste skoenlapper versierings gehad wat die dak van ons verhoog versier het. Mnr Gawie Rossouw en Danie Le Roux het weereens die gehoor met die pragtigste klavier en orrelspel vermaak terwyl gasvroue gesorg het dat die teepotte volbly. NG Parow Panorama gemeente het `n groot donasie gemaak en het gesorg dat Francor tuisnywerheid aan ons die heerlike versnaperinge verskaf het. Panorama Apteek het ook aan elke gas van die dag `n geskenkpak gegee, Idees het Sarie tydskrifte het geskenksakpakke voorsien wat benut is vir die gelukkige trekking. Elke gas het ook `n pragtige organza sakkie gevul met pepermente ontvang. Die tema van die skoenlapper het ook op die tafel voorgekom waar `n pragtige klein skoenlapper die ruiker versier het. Mynie se program was inspirerend en het diep uit haar hart gekom. Menigte was aangeraak oor haar lewensverhaal, maar sy het ook ons klompie lekker laat lag, naamlik dat die inwoners hul bollas moet losmaak en alles doen wat hul harte begeer. Ons het werklik hier vir haar skoonmoeder, mev Van der Merwe baie dank verskuldig dat Mynie by ons kon kom optree het.

Love them in Golden Years-

International Day for the Elderly

Die personeel het die oggend van 1 Oktober 2008 alreeds van half sewe af bymekaar gekom by die oord. Vinnig, vinnig is [email protected] t-hemde aangepas en ons was reg om die Kaap op horings te neem. Twee bussies met personeel het vertrek en die banners het duidelik gewys dat ons van die Palms afkomstig is. Vir internasionale dag van die ouer persoon het ons stokkielekker met spesiale kaartjies uitgedeel by al die robotte wat die naaste aan ons oord grens om die publiek te herinner dat ouer persone spesiaal is en dat ons hul moet waardeer. Ons het ongelooflik baie pret gehad om dit uit te deel en het terselfdertyd sommer ook ons oord en ons komende bazaar bemark. Persone het sommer by die robot navraag gedoen oor verblyf vir hul ouers en sommige was bekendes soos familielede en besigheidsnetwerk kontakte. Die manne en dames het met flinke voete gehardloop van motor tot motor en kon mens sien dat die personeel self die "oefening" geniet het. Na die uitdeel het Alida van der Bank en Sr Jane Lovelot ons verteenwoordig by die Besigheidsnetwerk, terwyl Annemarie Heydenrych en Annatjie Buys weer by Radio Tygerberg aangesluit het, waar hul deelgeneem het aan Eshter Kruger se Senior Program (Die Diamantjies). Dit was heerlik om weereens die publiek te herinner dat mens net so oud is soos jy voel, en dat jou lewe in werklikheid soos `n boek is. Aftrede is soos `n nuwe hoofstuk en jyself bepaal wat in die nuwe hoofstuk geskryf gaan word. Esther het gemeld dat sy en die radiostasie volgende keer by ons by die Palms gaan kom kuier en ons kan nie wag nie. Hierdie dag het ons stoutste verwagtinge oortref en was my eerste WOW oomblik van die maand. Dieselfde namiddag het Petro Bosman, joernalis van die Tygerburger `n onderhoud met Annemarie gedoen oor ouer word en aftrede. Ons het na die besonderse dag baie navrae oor verblyf gekry en selfs persone wat aansoek wou doen om by ons te kom werk, maar ons is die dankbaarste vir die ouer dame of heer wat moontlik die boodskap gehoor het dat sy/hy spesiaal is en wat minder skrikkerig is vir die vooruitsig van `n lewe by die aftree-oord. Want die lewe in `n aftree-oord kan `n AVONTUUR wees, hang af van jouself.

12

PANORAMA PALMS Hoërskool Tygerberg ROCK!!!

Op 21 Oktober 2008 besoek die leerder, Ian Heyns van Hoërskool Tygerberg my en verneem of hul CSV se gospel orkes ons oord kan besoek. Ons het besluit dat hul die Vrydag 24 Oktober 2008 C1 & 2 sal besoek. Ons kon nie droom wat `n wonderlike, geseënde middag dit sou uitdraai nie. Die leerders het dromme en viool bespeel en `n hele groep het saam kitaar gespeel. Die hoofdogter het ons almal so geraak met haar dagstukkie wat sy gelees het en hoe sy die inwoners bemoedig het met Bybeltekse. Amazing Grace- se klanke het die oord gevul en daar was hierdie ontsettende intieme, heilige atmosfeer wat in die sitkamer van C1 aangevoel kon word.Die leerders het vir ons inwoners gebid en dit was wonderlik om te sien hoe `n ouer en jongmens hande vat en saambid. Dis iets wat jy net sal kan verstaan as jy dit saam met ons beleef het.Tannie Van Coller het hul na die tyd bedank en ek stem saam met haar, "Dis wonderlik om nog jongmense te sien wat waarlik kinders van God is en dit so uitleef". Ian Heyns het my belowe dat hul weer sal kom en die keer pak ons ons saal vol inwoners. Mens weet net, dat hierdie intieme, heilige atmosfeer nie weer gedupliseer kan word soos hierdie dag nie.

Basaar 31 Oktober 2008 (van 16h00 tot LAAT)

Die inwoners het werklik bitter hard gewerk en gewoeker vir die basaar. Hierdie jaar was die gemeenskap werklik baie oop hand en het Annemarie Heydenrych en Matty Walsh die opvolg hanteer om die donasies te laat instroom. Daar is gepoog om die minimum produkte aan te koop. Die oggend van die basaar het die reuk van pannekoek en jaffles in die lug gehang. Die oord het werklik feestelik gelyk met die Palms sambrele, gazebo en wit tent wat opgeslaan is en boeremusiek voorsien deur die Oakdale orkes. Die basaar was goed bygewoon deur die publiek en mense het selfs nog rondom 18h00 ingestroom om tuisgemaakte produkte en lekkernye te kom koop. Annatjie Buys en haar A-team Girls (Alida van der Bank, Sr Jane Lovelot, Staf Esterhuizen, Thea Rademeyer en Kim Munro) het die Jaffle tafel beman en het mnr Aubrey Wagner (Voorsitter van die Bestuurkomitee) uitgedaag wat weer by die braai betrokke was. Die uitdaging is om te sien wie van Annatjie en die A-team en mnr Wagner en hul groepie het die beste gevaar met hul tafels. Mnr Wagner het aangedui, "The bet is on". Tot op hede het ons nie die finale bedrag wat die basaar ingebring het nie, maar daar sal op `n latere geleentheid terugvoer gegee word.

Annatjie en die A Team

Mev Nienaber en Mev Schonken

13

FICHARDTPARK Inwoners hou jaarlikse baaar

Die jaarlikse basaar wat op die oord gehou word,word self deur die inwoners gereel. Groot opgewondenheid heers al weke voor die tyd op die oord. Almal is bedrywig met al die voorbereidings en goedjies wat hul self maak om te verkoop. Die basaar word bygewoon deur inwoners, personeel en ook mense vanuit die gemeenskap. Allerlei artikels word verkoop en natuurlik is die eetgoed altyd n wenner. Almal is uitgeput na die basaar maar tog dink hul alklaar weer aan die beplanning vir die volgende jaar se basaar.

Loslitdag

Loslitdag word bygewoon deur personeel en inwoners. Die tema was "hobo" en almal het volgens die tema aangetrek. Die inwoners neem graag deel en sommige van hulle was onerkenbaar. Almal het dit geniet en baie lekker saam gelag.

Die tranetrekkers vermaak die inwoners

Die Tranetrekkers vermaak die inwoners met `n opvoering. Almal lag te heerlik en gelukkig rol die trane van die lekker lag en nie van huil nie.

14

WITFIELD PARK Sakekamer Tee in September

Gedurende September het die Oos-Rand Sakevroue `n damestee aangebied vir die damesinwoners te Witfield Park. Twee sakevroue het elk `n tafel gedek en bedien en geskenkies was ook uitgedeel. Die immer gewilde Lance James was die gaskunstenaar en te midde van pragtige uitrustings, heerlike verversings en nostalgiese musiek het die oggend verby gevlieg. Ons dank aan die sakevroue vir die groot bederf!

Fête at Witfield Park:

It was time to celebrate our 37th birthday and this was done on 1 November by means of the Witfield Park fête. From 06:00 to 12:00 the DJ's of Radio East Rand Stereo hosted their programs from our terrain and several members of the management team, residents and community supporters had the opportunity to voice their opinions on retirement at Witfield Park, as well as the pro's & cons of a retirement centre. There were numerous food stalls, arts & crafts and the highlight of the day, the "brag table", where hand made articles made by our residents were on sale. The fête earned R25 535 and we thank all for their contributions and support.

Residents' talent concert:

At last it was the morning of 23 October 08! On this day the residents of Witfield Park hosted their first talent concert! Seen on the photos are Steve Windell, the master of ceremonies for the day and Daphne Whelan, who recited a poem that she still remembers from school days! The other picture shows our own "four tenors" in action. The remainder of the twenty one items varied from singing (both by residents and staff groups), line dancing, music and joke telling and were very entertaining. Together with residents, visitors and employees, Christi and Teresa from Trans 50 enjoyed themselves thoroughly. Well done Witfield Park residents, we are looking forward to the next concert!

15

WITFIELD PARK Tema Etes

Geratec se span bied maandeliks `n tema-ete vir die kamerinwoners aan. Van die onlangse tema's was `n "pajama-dag" en `n "pienk-ete". Pryse kan gewen word vir die mees oorspronklike idees. Die voorbereiding begin gewoonlik reeds `n paar dae vooraf en geskied in groot geheimhouding! Baie dankie vir almal se vrolike deelname en aan Marita, ons leefstyl konsultant en Willie en Ruwayda van Geratec vir die rëel van die tema-etes.

"Sherry, song & surprise" aand

`n Hoogtepunt van die seisoen was die "Sherry, song & surprise" aand wat in samewerking met die Guiseppe Verdi Operakoor aangebied was. Almal het as toegang `n glasie sjerrie ontvang, waarna hul op `n aantal opera areas vermaak is. Ter afsluiting het elkeen `n bakkie gebakte nagereg en vla saam geniet. Dit was voorwaar `n aand wat lank deur die klassieke musiekliefhebbers onthou sal word.

Uitstappie na Protea

`n Nuwe lekkerte is die maandelikse uitstappie na Protea Tehuis vir Bejaardes in Germiston, waar almal saam Bingo speel en heerlike pryse wen.

Vlooimark

`n Nuwe vlooimark het onlangs sy deure in Boksburg geopen en een maal `n maand onthaal hul bestuur `n groep van ons inwoners vir die dag. Almal word met tee verwelkom, daarna woon hul `n les in "scrap booking" of ander handwerk aktiwiteit by en daarna word dit afgesluit met `n heerlike ete en nagereg, waarna almal vir oulaas die stalletjies besoek. Ons dank ook aan die gemeenskap vir hierdie mooi gebaar.

Ander opwindende uitstappies

Ander opwindende uitstappies wat onlangs onderneem was, was na Ludwig se roosplaas by Pretoria; die pantomime van Sneeuwitjie by die Pretoria Staatsteater; en "La Traviata ­ The Ballet" en "The Beauty and the Beast" by Monte Casino. "Die Rooi Lorrie" deur Karel Trichardt en Petru Wessels het ook groot aftrek gekry, asook die befaamde dirigent Richard Cock se "Tea & Trumpets" vertonings. Baie dankie aan Solly Ledwaba en Marita van der Walt wat om die beurt die bussie bestuur het en die inwoners veilig terug besorg het.

Dankie aan vrywilligers

Gedurende November is verskeie dankie-sê geleenthede aangebied, waar onder die jaarlikse vrywilligerstee, waarheen `n ieder en elk wat op een of ander wyse `n diens aanbied, uitgenooi word. Nogmaals baie dankie aan elke inwoner en vriend van Witfield Park vir al die vrywillige dienste wat gelewer word. Die stoelgim groep het hul afsluiting gevier met `n ontbyt in die saal en Shirley de Klerk van eenheid 47 wat die klas twee maal per week aanbied, is hartlik bedank vir haar diens.

16

Information

16 pages

Report File (DMCA)

Our content is added by our users. We aim to remove reported files within 1 working day. Please use this link to notify us:

Report this file as copyright or inappropriate

817687

Notice: fwrite(): send of 194 bytes failed with errno=32 Broken pipe in /home/readbag.com/web/sphinxapi.php on line 531